Mans Junior wen strawwe resies
Mans Junior wen strawwe resies

Mans Junior wen strawwe resies

Team Kia Elite (mans) en R&R Importers (vroue) behou hul voorsprong in die spankompetisies.
Gerhard Mans Junior het indrukwekkend gelyk toe hy Sondagoggend die Nedbank Windhoek Pedal Power-reeks se tweede byeenkoms gewen het.

Die Matchless-roete is bekend vir sy heuwelagtige klimdele en die resies oor 105 kilometer is teen 'n hewige tempo gejaag. Met die Nedbank-reeks se nuwe klem op die spankompetisie was dit bykans onmoontlik vir enige individuele ryer om van die groot groep aan die voorpunt weg te breek.

Die 30-jarige Mans, in die kleure van sy Hollard-span, het goed gevaar om in die finale jaagtog die eindstreep voor die ewe kragtige Drikus Coetzee en Dan Craven te haal. Laasgenoemde twee was individuele inskrywings sonder 'n spanverbintenis.

In die opbou na komende naweek se nasionale padfietskampioenskap geborg deur Pupkewitz Megabuild sal al die bekende name weer in die wedren wees. Vrydag word die individuele tydtoets beslis, gevolg deur Sondagoggend se padresies.

Februariemaand is 'n grote vir plaas­like fietsry, met die Nedbank Cycle Challenge op die 11de 'n byeenkoms waar prysgeld van N$10 000 vir die mans- en vrouewenners 'n gesogte trekpleister is.

Die sterk plasing van die junior mansryers Alex Buchner, Alex Miller, Dieter Koen en Schalk van der Merwe was een van die positiewe aspekte van laas Sondag.

Uit dié groepie jong Namibiërs, tesame met Charl du Plooy wat in Suid-Afrika skoolgaan, behoort 'n kompeterende span te voorskyn te kom om die land by die Afrika padfietskampioenskap in Rwanda (13-18 Februarie) te gaan verteenwoordig.

In die spankompetisie vir mans was Team Kia Elite die groot wenners van die dag. Hul sestal ryers Dieter Koen, Jo Joe Hamunyela, Schalk van der Merwe, André de Klerk, Fanie Steenkamp en Cobus Smit het nie net die 15 punte vir die prestasie van hul eerste drie oor die eindstreep gekry nie, maar het op die sogenaamde “hotspots” nog vyf bonuspunte verdien.

Team Kia se voorsprong in die manskompetisie staan nou op 44 punte ná twee byeenkomste. Hulle word gevolg deur die ewe bestendige Team Cathy Scania, wat tans op 43 punte staan. Derde is Team NCCS (27), vierde is Get Graphics (26), vyfde is Hollard (23) en sesde is FLM Black (22).

Die vrouekompetisie se voorloper, R&R Importers, het skoonskip op die individuele podium gemaak toe die wenner Michelle Döman deur nog twee spanmaats, Antje Tietz en Anneke Steenkamp, gevolg is.

R&R Importers (43 punte) is sover gerieflik voor op die puntelys, teenoor Vertec Ladies (10) en Delush (8).

Sondag se voorste uitslae, soos verskaf deur raceday.events:



MANS OPE, SPANNE (105 km)

1 Gerhard Mans junior (Hollard) 2:32:37. 2 Ingram Cuff (Get Graphics) 2:32:49. 3 Pierre Knoetze (Team Cathy Scania) 2:33:07. 4 Lotto Petrus (Team NCCS) 2:33:23. 5 Alex Buchner (Cycletec PSG) 2:33:31. 6 Dieter Koen (Team Kia Elite) 2:33:32. 7 Chiponeni Kashululu (Team NCCS) 2:33:37. 8 Jaco Hanekom (Team Cathy Scania) 2:33:39. 9 Cobus Smit (Team Kia Elite) 2:33:40. 10 Joe-Joe Hamunyela (Team Kia Elite) 2:34:06. 11 Schalk van der Merwe (Team Kia Elite) 2:34:27. 12 André de Klerk (Team Kia Elite) 2:34:49. 13 Clinton Hilfiker (FLM Black) 2:35:01. 14 Des Doman (FLM Black) 2:35:01. 15 Hans du Toit (Paratus) 2:35:04. 16 Christo Swarts (Get Graphics) 2:35:13. 17 Horst Neumann (Get Graphics) 2:35:14. 18 André Vermeulen (Hollard) 2:35:43. 19 Jacques Celliers (Team Cathy Scania) 2:36:01. 20 Allan Vivier (FLM Black) 2:36:15



VROUE OPE, SPANNE (75 km)

1 Michelle Döman (R&R Importers) 2:16:36. 2 Antje Tietz (R&R Importers) 2:18:00. 3 Anneke Steenkamp (R&R Importers) 2:18:55. 4 Janine De Klerk (Vertec Ladies) 2:19:29. 5 Adele Conradie (Delush) 2:19:44. 6 Hester Prins (R&R Importers) 2:20:46. 7 Lelani Swart (Vertec Ladies) 2:21:41. 8 Karen Munting (Vertec Ladies) 2:22:40. 9 Maike Bochert (R&R Importers) 2:22:41. 11 Lonel Smith (Delush) 2:23:03. 12 Silke Bean (R&R Importers) 2:23:06. 13 Patricia Hoeksema (Vertec Ladies) 2:23:13. 14 Samantha Geyser (Delush) 2:23:53. 15 Wanette Meyer (Vertec Ladies) 2:24:32.



MANS OPE, INDIVIDUEEL (105 km)

1 Drikus Coetzee 2:32:38. 2 Dan Craven 2:32:38. 3 Alex Miller 2:32:38. 4 Xavier Papo 2:32:43. 5 Danzel de Koe 2:33:24. 6 Jo Joe Hamunyela 2:34:06. 7 Alwyn Steenkamp 2:35:43. 8 Vera Adrian 2:36:09. 9 Eddie Viljoen 2:39:12. 10 Jerneil Barth 2:40:49



VROUE OPE, INDIVIDUEEL (75 km)

1 Zoe Mitchell 2:18:00. 2 Marion Schonecke 2:21:03. 3 Ingrid Scholtz 2:43:12. 4 Cindy Rowland 2:57:19



B-KATEGORIE MANS (60 km)

1 Luke Munting 1:42:21. 2 Hofmeyr van Blerk 1:44:17. 3 Michael Pretorius 1:44:52. 4 Paul Zah 1:44:58. 5 Danny Villinger 1:45:04



GROOTMEESTERS MANS (60 km)

1 Koos van Staden 1:45:21. 2 Siegfried Engels 2:04:56. 3 Hans-Peter Drobisch 2:08:18



GROOTMEESTERS VROUE (42 km)

1 Hester Cuff 1:50:39



MEESTERS MANS (60 km)

1 Gerhard Mans sr. 1:44:55. 2 Michael Lowe 1:44:56. 3 Sakkie Schreuder 1:45:11. 4 Sarel Boshoff 1:45:11. 5 Volker Trubenbach 1:45:52



MEESTERS VROUE (60 km)

1 Barbara Ackermann 1:58:58. 2 Karin Brockmann 2:06:00. 3 Mandy Huysamen 2:06:00



ONDER 16 SEUNS (60 km)

1 Justin Vosloo 1:41:41. 2 Hugo Hahn 1:41:54. 3 Bergram Jensen 1:49:59. 4 Matthew-Mark Botha 2:03:47



ONDER 16 MEISIES (42 km)

1 Monique du Plessis 1:41:15



ONDER 14 SEUNS (42 km)

1 Kevin Lowe 1:41:15. 2 Jaden Scholtz 1:42:59. 3 Owen-Gilbert Botha 1:47:20



ONDER 12 SEUNS (20 km)

1 Roger Suren 1:27:03



ONDER 12 MEISIES (20 km)

1 Laura Engling 1:29:58. 2 Adrielle Baumgarten 1:39:21. 3 Syran Chamberlain 1:49:14



ONDER 10 SEUNS (10 km)

1 Henry Chamberlain 1:41:54 1



ONDER 8 SEUNS (10 km)

1 Nicole Suren 1:00:12

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!