Mans kan toets vir prostaatkanker
Bank Windhoek se kliniek op die perseel van die bank se departement vir menslike kapitaal bied nou vinnige vingerpriktoetse vir prostaatspesifieke antigene (PSA).
Die toetse sal die bank se manlike werknemers, asook dié van sy beheermaatskappy Capricorn Group, in staat stel om prostaatkanker vroeg te ontdek.
Prostaatkanker behels die groei van kankerselle in die prostaatklier van die manlike voortplantingstelsel.
Die kankerselle kan van die prostaat na ander areas van die liggaam, veral die bene en limfkliere versprei.
Prostaatkanker het in die vroeë stadium geen simptome of tekens nie en word gewoonlik deur middel van ‘n PSA-toets opgespoor.
“Hiermee in gedagte en met die hulp van ons dokter en ‘n geregistreerde verpleegster, het ons vrywillige PSA-toetse vir enige van ons manlike personeel beskikbaar gestel wat graag getoets wil word. Sou die toets toon prostaatkanker kan teenwoordig wees, sal verdere monitering en toetse via hul dokter gedoen word om prostaatkanker of enige ander onderliggende oorsaak te diagnoseer,” het me. Marjolize Scholtz, Bank Windhoek se welstandkonsultant, gesê.
Die toetse wat onmiddellike resultate lewer, is volgens ‘n verklaring deur die bank daarop gemik om die lewens van manlike werknemers te red, omdat tekens van die siekte slegs in die gevorderde stadium daarvan duidelik raak.
“Prostaatkanker is aan die toeneem in Namibië en dit is ‘n groot bron van kommer dat die meeste gevalle slegs in ‘n latere stadium van die kanker gediagnoseer word. Kennis is mag en kan mans se lewens drasties verander,” het Scholtz gesê.
Bank Windhoek het sy manlike werknemers aangemoedig om die kliniek vir dié toetse te besoek, en ook om jaarlikse mediese ondersoeke te doen, asook maandelikse testikulêre selfondersoeke.
“Mans moet ook ‘n gesonde, gebalanseerde leefstyl hê en leefstylfaktore verminder wat hul kankerrisiko verhoog.”
Simptome van gevorderde prostaatkanker sluit in gereelde urinering, swak of onderbreekte urienvloei of die behoefte om die blaas leeg te maak, bloed in die uriene en seminale vloeistof, erektiele disfunksie, pyn of ‘n brandsensasie tydens urinering en ongemak of pyn wanneer jy sit, wat deur ‘n vergrote prostaat veroorsaak word.
Volgens die verklaring moet alle mans ouer as 50 vir jaarlikse prostaattoetse gaan.
Mans met ‘n geskiedenis van kanker in hul familie moet dié toetse reeds van die ouderdom van 40 en selfs jonger af laat doen.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie