Mans-kombinasie takel Cape Epic
Bergfietsry
Andrew Poolman - Die gedugte pa-en-seun kombinasie van Gerhard Mans senior en Gerhard Mans junior sal van Sondag af by die beginstreep van die uitmergelende Absa Cape Epic bergfietstoer aantree.
Die totale afstand vir die agt dae is 658 kilometer, met klimdele van 'n allemintige 13 530 meter. Op vier agtereenvolgende dae van Maandag af word meer as 100 km gery.
Die 30-jarige Gerhard Junior het reeds twee vorige Epics agter die blad, waarin hy vir Charl Fouche en Fanie Steenkamp as spanmaats gehad het.
Hy is dus die ervare een wat sal moet omsien na die welstand van sy pa (55), wat 'n ewe geharde fietsryer is as wat hy in sy jonger dae die mees suksesvolle rugbykaptein van Suidwes-Afrika en Namibië was. Dié sal egter sy eerste Cape Epic wees.
As die Nedbank Desert Dash (369 km binne 24 uur van Windhoek na Swakopmund gedurende Desembermaande) as 'n aanduiding van die twee se uithouvermoëns dien, behoort die Cape Epic nie bo hulle vuurmaakplek te wees nie. Gerhard Senior het reeds vier Dashes as 'n solo-ryer voltooi en nog een elk as lid van 'n tweeman- en viermanspan. Gerhard Junior het reeds twee elk as lid van 'n span van twee en vier klaargemaak.
“Ons het nie rêrig enige verwagtinge nie; ons wil net die resies voltooi sonder te veel skade aan die lyf,” het Gerhard Senior aan die koerant gesê.
Hy het laas naweek op sy padfiets die Kaapstad Fietstoer in twee ure 56 minute 28 sekondes klaargemaak, voordat pa en seun gister weer die langpad Kaap toe aangepak het.
PADFIETSRY
Die wegspring vir die derde byeenkoms in Windhoek Pedal Power se Nedbank-reeks breek Sondagoggend aan met die Rehoboth treinstasie as die begin- en eindpunt.
Die wegspringtyd is om 08:00, ná die registrasie tussen 07:00 en 07:45.
Die afstand vir die elite manspanne en mans ope is 108 kilometer, wat in ses rondtes van 'n roterende roete voltooi word. Die vroue ope en vrouespanne ry 72 km (vier rondtes), dieselfde afstand as die o.16 seuns, meesters mans en B-kategorie mans. Afstande van 54 km, 18 km of 10 km geld ook vir die ander ouderdomskategorieë.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie