Mans se jaarlikse sterftesyfers hoër
Die meeste sterftes is in Khomas en Oshana aangeteken, wat moontlik toe te skryf is aan die feit dat een verwysingshospitaal elk in Oshakati en Windhoek is.
Henriette Lamprecht – Meer mans as vroue het ongeag ouderdom en oorsaak in 2016 en 2017 in Namibië gesterf.
Volgens die land se 2016-2017-statistieke vir sterftes en oorsake van sterftes is 19 254 mense in 2016 (8 815 vroue en 10 431 mans) en 18 448 (8 352 vroue en 10 091 mans) in 2017 dood.
Volgens die verslag is die sterftesyfers ook tipies van die meeste ontwikkelende lande, met hoë syfers onder babas, jong volwassenes en bejaardes.
Die meeste sterftes is in Khomas en Oshana aangeteken, wat moontlik toegeskryf kan word aan die feit dat een verwysingshospitaal elk in Oshakati en Windhoek is.
Vir beide 2016 en 2017 was die gemiddeld agt sterftes per 1 000 inwoners van die bevolking. Die verslag sê die meerderheid sterftes word binne 12 maande geregistreer.
Met verwysing na foute in data in albei jaartalle was die meeste kodes wat nie vir ’n onderliggende doodsoorsaak gebruik word nie.
’n Hoë koers van oorsake wat nie reg omskryf is nie, kan toegeskryf word aan swak mediese sertifisering van die oorsaak van die sterfte, swak kodering of vooroordeel in die aanmeld van sterftes.
Die hoofoorsake van sterftes in Namibië sluit onder meer oordraagbare siektes en voedingstekorte in en het die meeste voorgekom by onder meer babas onder ’n jaar en dié ouer as 80 jaar.
Beserings as oorsaak van dood het meer voorgekom in die ouderdomsgroep 20 tot 24 jaar in 2016, en 25 tot 29 jaar in 2017.
Sterftes vanweë oordraagbare siektes is meestal toegeskryf aan MIV (136 per 100 000 inwoners van die bevolking in 2016) en lugweginfeksies (74 per 100 000 inwoners in 2016 en 71 per 100 000 in 2017), terwyl die minste toegeskryf is aan tuberkulose (38 per 100 000 inwoners in 2016 en 33 per 100 000 in 2017).
Oor die algemeen was daar volgens die verslag meer manlike MIV-sterftes as onder vroue en hoë sterftesyfers onder babas en bejaardes ouer as 80 jaar.
Die meeste sterftes as gevolg van nie-oordraagbare siektes per 100 000 inwoners was hartsiektes (137 in 2016 en 142 in 2017), kanker (51 in beide jare), hoë bloeddruk (nege in 2016 en agt in 2017) en diabetes (ses in 2016 en sewe in 2017).
In 2016 is 56 sterftes onder swanger vroue aangeteken en 48 die volgende jaar, waarvan die meeste in die Khomas- en Oshanastreek was. Die oorsake was meestal as gevolg van bloeding en aborsies.
Volgens die verslag was die sterftesyfer by babas in beide 2016 en 2017 45 uit 1 000 lewendige geboortes. Meer as die helfte van die sterftes was as gevolg van stilgeboortes of lae geboortegewig.
Die mees algemene oorsake van endokriene, voedings- en metaboliese siektes was ondervoeding (wat verantwoordelik is vir meer as 40% in beide 2017 en 2017), metaboliese afwykings (meer as 28% in albei jare) en diabetes mellitus (meer as 22% in albei jare).
Sterftes aan beserings was meestal te wyte aan padongelukke, naamlik 76,4% (2016) en 73%.
Sterftes as gevolg van padongelukke was drie keer hoër onder mans as vroue.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie