Mans vas oor onwettige velle
Mans vas oor onwettige velle

Mans vas oor onwettige velle

Vier mense is in verband met die besit van dagga en Mandrax vasgetrek.
Twee Namibiese mans (53 en 30) is Vrydag glo sonder permitte met verskeie dierevelle by Nkurenkuru in hegtenis geneem.

Die twee was glo in besit van ’n luiperdvel ter waarde van N$150 000, twee krokodilvelle van N$90 000 en ’n eekhoringvel.

Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag duur die ondersoek voort.

Vier mense is Vrydag omstreeks 10:00 op Kuisebmond in Walvisbaai glo met dagga en Mandrax vasgetrek.

Twee mans en twee vroue is in hegtenis geneem – elk glo met 405 g dagga en 10 Mandrax-tablette ter waarde van N$5 250 in hul besit.

Sondag omstreeks 17:15 is ’n man in die Vergenoeg-nedersetting op Gibeon glo met N$9 800 se vervalste geld in hegtenis geneem.

’n Switserse toeris is Vrydag tussen 15:13 en 18:00 glo by die Brukaros-kampeergebied beroof.

Volgens die polisie het die toeris sy voertuig by die kampeerplek gelos en gaan stap.

“Lede van die Berseba-gemeenskap het gesien die vensters van die toeris se voertuig is gebreek en het die voorval by die Tses-polisie aangemeld. R30 000 in kontant, een kamera met toerusting, asook reisdokumente is na bewering gesteel.”

Niemand is al in hegtenis geneem nie en die gesteelde goedere is nie teruggevind nie.

Die naweek is ’n bejaarde Duitse burger glo buite Omaruru beroof.

“Drie onbekende mans het glo ’n hekkie se slot gebreek en die 84-jarige Duitse man se erf binnegegaan, waar hy alleen bly. Hulle het sy slaapkamer na bewering deur ’n oop venster binnegegaan terwyl hy geslaap het,” sê die polisie.

Die bejaarde se beursie met N$4 000 se kontant en sy persoonlike dokumente is glo gesteel.

Die beursie en dokumente is later in die straat opgetel, maar die geld het glo voete gekry.

“Die slagoffer is in die Omaruru-staatshospitaal vir waarneming opgeneem ná hy van pyn in sy bene en ribbes gekla het. Geen sigbare beserings is opgemerk nie.”

Niemand is al in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!