Mans vas oor vervalsing van Covid-19-toetsuitslae
Die eienaars van 'n druk-winkel het glo vervalsde toetsuitslae aan reisigers verskaf.
Kristien Kruger
Twee Zimbabwiese mans is Saterdag omstreeks 12:00 op Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die besit was vervalste Covid-19 laboratoriumtoetsverslae van PathCare Namibië.
Die mans is eienaars van 'n kopieerwinkel en volgens die polisie se misdaadverslag word vermoed dat hulle vervalste toetsresultate aan reisigers verskaf het. “Daar is ook ontdek dat die mans sonder enige geldige werkspermitte in die land werk,” sê die polisie in die verslag.
Die 45- en 28-jarige verdagtes sal vandag in die landdroshof op Katima Mulilo verskyn op klagte in verband met die oortreding van die wet op openbare en omgewingsgesondheid, asook die Immigrasiebeheerwet.
Tydens die feesseisoen het PathCare sy Covid-19-toetse vir reisigers beperk omdat dié patologielaboratorium nie die kapasiteit gehad het om die groot aanvraag te hanteer nie.
Terselfdertyd was die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) se toetsuitslae ook vertraag en moes mense ongeveer 72 uur en langer wag vir hul Covid-19-uitslae wag.
Talle mense moes hul reisplanne kanselleer omdat hulle Covid-19-toetsuitslae nie betyds beskikbaar was nie.– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie