Mans wat medisyne steel, kry borgtog
Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle medisyne van die kliniek op Rundu gesteel het, is op borgtog vrygelaat.
Hardy Rivera, Paulus Karupu en Mathias Mbambo het na bewering RHZE-pille gesteel wat vir die behandeling van tuberkulose gebruik word. Die waarde van die medikasie is N$4 767. Die drie mans is op borgtog van N$4 000 elk vrygelaat en die saak is tot 25 Januarie aanstaande jaar uitgestel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie