Manspan gee alles voor hul toer na Italiu00eb
Manspan gee alles voor hul toer na Italiu00eb

Manspan gee alles voor hul toer na Italië

Die wêreldkampioenskap word binnekort hervat ná die vorige kansellasie en uitstel vanweë die Covid-19-pandemie.
Die Namibiese Ys- en Rolskaats­hokkievereniging (NIIHA) stuur eersdaags sy senior manspan na Roccaraso, Italië, vir die wêreldkampioenskap in rolskaatshokkie wat van 13 tot 19 September plaasvind.

Vanweë wêreldwye inperkings is die wêreldkampioenskap in 2020 afgelas en vanjaar uitgestel totdat 'n geskikte land die toernooi kon aanbied.

Spanne van sestien lande sal vanjaar sake uitspook en almal sien daarna uit om rolskaatshokkiespanne van wêreldgehalte weer op die grootste verhoog te sien meeding.

Namibië se nasionale groep het die afgelope twee jaar, veral die afgelope maand, soveel as moontlik geoefen nadat die reisbeperkings en die verbod op kontaksport opgehef is.

Die hele span het die afgelope maand op Swakopmund saam by The Dome, tuiste van die Coastal Pirates en Brian Sobel, hoofafrigter van die nasionale span, geoefen.

Sobel sê: “In 'n normale jaar hou ons vyf tot sewe oefenkampe, rofweg elke maand of twee. Met die inperking het ons ongeveer drie maande se oefeninge gemis.

“Deur die hele span se toewyding om na Swakopmund te kom en ses dae per week saam te oefen, het die ouens werklik geheg geraak en hulle het 'n goeie idee van wie ons is en wat ons moet doen. Ek voel hierdie maand saam sal ons net help vooruitgaan en ek sien daarna uit om te sien hoe ons teen die ander lande meeding.”

Namibië, wat tans elfde op die wêreld­ranglys is, is saam met Duitsland, Argentinië en Indië in groep D geplaas. Ná die groepwedstryde speel die topgeplaaste span uit groep D 'n uitspeelwedstryd om tot die top-8 deur te dring en vir die wêreldkampioenskap te speel. Al die ander groep D-spanne speel dan teen die onderste drie groep C-spanne (uit Letland, Mexiko, Chinese Taipei of Pole), met die “World Skate Cup” op die spel.

Namibië sou vanjaar ook 'n junior manspan stuur, maar die junior afdeling is gekanselleer en die wêreldbeheerliggaam het besluit om net 'n senior afdeling aan te bied.

Die senior span word aangevoer deur Sean Liechti, met Henrik Diekmann en Christiaan Coetzee as onderkapteins.

Veteraanspelers soos Amandus Röttcher, Max Finkeldey, Tiago Kutz en Pablo Laporte maak hul terugkeer en sluit aan by nuwelinge soos Luca Mentzel, Keanan Simpson, Valerik Hilbert en Arian van der Plas.

Die ander posisies word deur Henning Schulze, JW Coetzee, Kean Redelinghuys, Julian Dedig en Jürgen Tegetoff afgerond.

Die hulpafrigter is Luke Stamatiadis en spanbestuurder is Lucille Coetzee.

Kaptein Sean Liechti sê: “Ons is almal baie opgewonde om weer 'n wêreldkampioenskap te kan speel. Dit was 'n groot jammerte toe dit verlede jaar gekanselleer is. Die ouens werk regtig hard en het as 'n sterk span saamgekom. Daar is samehorigheid en dit voel soos een groot gesin. Ons almal wil net ons bes doen en Namibië verteenwoordig en die land trots op ons maak.”

FOT
Die Namibiese manspan na die wêreldkampioenskap. Agter van links: Luke Stamatiadis (hulpafrigter), Pablo Laporte, Kean Redelinghuys, Luca Mentzel, Valerik Hilbert, Amandus Röttcher, Julian Dedig, Henning Schulze, Brian Sobel (hoofafrigter). Voorste ry: Arian van der Plas, Keanan Simpson, Christiaan Coetzee (onderkaptein), Sean Liechti (kaptein), Henrik Diekmann (onderkaptein), JW Coetzee, Jürgen Tegetoff. Afwesig: Max Finkeldey en Tiago Kutz. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!