Manspan hou naam hoog in Duitsland
Manspan hou naam hoog in Duitsland

Manspan hou naam hoog in Duitsland

Ysstok
Die nasionale manspan van die Namibiese Ysstokvereniging het die beste prestasie in sy geskiedenis behaal by die pas afgelope wêreldkampioenskap in Duitsland.

Die Namibiërs was naaswenners van die B-afdeling, ná Kanada. Dit besorg hulle tans ’n algehele 14de posisie ter wêreld.

Die span bestaande uit Detlef Pfeifer, Jesaja Mweshipopya, Armin Komma en Andreas Schindler was van die begin af gefokus en het met ’n oorwinning teen Kanada afgeskop.

Twee ongelukkige nederlae in die eerste ronde teen Pole en Hongarye het gevolg. Namibië het met ’n positiewe punteverskil van 18-4 geëindig, in die gesamentlike tweede posisie met Kanada.

In die tweede ronde se beslissende herontmoeting met die medevoorloper Kanada het die uitslag afgehang van die heel laaste skoot, wat egter net ’n paar sentimeter te kort geëindig het.

Ná hierdie wedstryde het Namibië en Kanada elkeen hul oorblywende tien wedstryde maklik gewen.

Die Namibiese spelers is nietemin in hul skik met hul vertoning wat die beste prestasie in die geskiedenis van die vereniging is.

Die B-afdeling se finale stand, met elke span se punteverskil, was soos volg:

1 Kanada 40-4 (kwosiënt 3,115)

2 Namibië 38-6 (kwosiënt 2,121)

3 Hongarye 31-13 (kwosiënt 1,905)

4 Colombia 30-14 (kwosiënt 1,077)

5 Guatemala 27-17 (kwosiënt 1,668)

6 Pole 26-18 (kwosiënt 1,694)

7 Kenia 20-24 (kwosiënt 0,896)

8 Denemarke 20-24 (kwosiënt 0,728)

9 Indië 16-28 (kwosiënt 0,776)

10 Oekraïne 10-34 (kwosiënt 0,576)

11 Spanje 4-40 (kwosiënt 0,259)

12 Argentinië 2-42 (kwosiënt 0,245)

In die daaropvolgende teikenskiet-spankompetisie het die Namibiërs ewe goed begin. In vergelyking met die vorige wêreldkampioenskap het die mans dramaties met tien posisies verbeter tot 12de ter wêreld, uit die 24 lande in die A- en B-afdelings.

Hierdie prestasie besorg die land die voorreg om vir die volgende Wêreldbeker drie enkelteikenspelers te mag stuur.

Die individuele uitblinker was Armin Komma van Swakopmund met sy 20ste posisie uit 52 spelers op die individuele ranglys.

• Die president van die Namibiese Ysstokvereniging, Detlef Pfeifer, was ewe in sy skik met die vertoning van die nasionale vrouespan.

Verwagtinge van die vrouespan was vooraf heelwat laer vanweë die onttrekking van die twee voorste spelers. Met dit in ag geneem was die span se eindposisie van vierde in die B-afdeling dus ’n heel skaflike prestasie.

Die wêreldkampioenskap in Duitsland was van die begin af geraak deur die coronavirus-krisis. Ná die eerste twee speeldae is die wedstryde gesluit vir toeskouers en die wedstryddae is ook verminder.

“Twee van ons spelers is dus steeds in Duitsland en wag vir hul vlug terug na Namibië,” sê Pfeifer in sy opsommende nuusverklaring oor die toer wat Dinsdagaand uitgestuur is.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!