Manspan skop reeks in Kaapstad af

Hokkie
Namibië se nasionale binnenshuise manshokkiespan takel Suid-Afrika vanaf vandag in ’n reeks in Kaapstad te midde van streng protokol teen Covid-19.

Beide buurlande se manspanne berei hulle voor op die Binnenshuise Wêreldbeker in Liege, België van 2 tot 6 Februarie 2022.

Die reeks van vier toetse begin vandag by die Sunningdale-sportkompleks in Kaapstad (19:00), met die volgende drie wedstryde by dieselfde venue op opeenvolgende dae (Vrydag 19:45, Saterdag 19:45, Sondag 15:00).

Suid-Afrika se spelersgroep bevat elkeen van die twaalf spelers wat Namibië in April vanjaar in die finaal van die Afrikabeker met 4-1 geklop het, tesame met die byvoeging van Cameron Goodwin, Keegan Hezlett, Ryan Julius en Marvin Simons.

Die Proteas beskik ook oor ’n sterk kern van spelers wat vanjaar by die Olimpiese Spele in Tokio in aksie was. terwyl Jethro Eustice, Rusten Abrahams en Justin Domleo veterane is wat in die 2018 FIH Binnenshuise Wêreldbeker in Leipzig gespeel het.

Suid-Afrika se span:

Anton von Loggerenberg (8), Cameron Goodwin (5), Bongumusa Mngoma (5), Jethro Eustice (31), Justin Domleo (38), Aiden Tun (8), Daniel Sibbald (5), Ryan Julius (16), Keegan Hezlett (3), Dayaan Cassiem (8), Chad Futcher (9), Lungani Gabela (8), Mustapha Cassiem (8), Steven Paulo (7), Rusten Abrahams (19), Marvin Simons (3).

Die Namibiese spelersgroep van twaalf:

DJ Strauss (kaptein en doelwagter, 33 wedstryde), Richter van Rooyen (4, doelwagter), Ernest Jacobs (23), Dakota Hansen (14), Nico Neethling (5), Fagan Hansen (10), Brynn Cleak (20), David Britz (5), Liam Hermanus (14), Owen Hatton (5), JP Britz (5), Dylan Finch (5).

GELD BENODIG

Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) skarrel steeds om geld vir die hoë koste van sy komende internasionale deelnames in te samel.

Die sport se wêreldbeheerliggaam FIH se laat aankondiging in November dat Namibië se manspan ook na die Binnenshuise Wêreldbeker (tesame met die reeds gekwalifiseerde vrouespan) in België genooi word, het aan administrateurs min tyd gelaat om die vereiste finansiering te verseker.

“Korporatiewe maatskappye se begrotings is teen dié tyd meestal reeds toegeken en Covid-19 het die ekonomiese klimaat verder vertroebel,” sê die NHU se president, Reagon Graig.

“Om vir enige sportspan in Namibië bykans 1.2 miljoen dollar in te samel, is ’n groot uitdaging – maar dis omtrent wat ons nog kortkom om die vlieg- en verblyfkoste vir twintig mense vir ’n week in België te dek.”

Graig sê die Afrika-kampioenskap in Januarie in Ghana se hoofstad Accra is ’n verdere uitdaging. “Ons kort omtrent N$250 000 vir elkeen van die nasionale mans- en vrouespanne as die toerkoste na Ghana.”

Graig sê die nasionale spanne het hul deel gedoen deur kwalifisering en nou is dit tyd vir die nasie om agter hulle te staan. “Jong kinders sien op na hierdie nasionale helde. Ons behoort te belê in ons toekomstige spelers wat ambisie het om ook eendag iewers te kom.”

Nogtans is daar vele maatskappye en individue wie se hand oop vir hokkie is en agter die skerms is daar verskeie positiewe ontwikkelings aan die gang, sê Graig. Hy moedig voornemende borge aan om enige van die lede van die “Friends of Hockey”-groep te benader – Yolande Fourie by 081 127 9415, Ingrid Hermanus by 081 257 9619, Renier van Rooyen by 081 128 1166 of Bruce Hansen by 081 124 0264.

Kommentaar

Republikein 2024-11-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!