Manspan tree aan vir Toer van Mpumalanga
Fietsry
'n Manspan van die Namibiese Fietsryfederasie het Saterdag aan die Toer van Mpumalanga wat tot komende Donderdag duur.
Die toer van ses skofte is bekend as een van die grootste meerdagse padfietstoere in Suid-Afrika en strek oor altesame 752 kilometer – vanaf Loskopdam tot Badplaas, Mbombela, Graskop en die Blyderivier Canyon.
Die Namibiese vyftal in die manskompetisie is Dan Craven, Lotto Petrus, Fifi Kashululu, Jojo Hamunyela en Drikus Coetzee. Spankaptein Dan Craven het aan Nampa gesê hulle is slaggereed om met die beste mee te ding.
Hoewel hulle nie in nasionale kleure meeding nie, dien dit as 'n opwarming vir deelname aan toekomstige geleenthede in die buiteland. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie