Manspan wil ’n paar Proteas gaan pluk
Kort ná die binnenshuise span se terugkeer uit Durban, hervat die Namibiese mans hul tweestryd met Suid-Afrika, die keer in veldhokkie.
Tielman van Lill – Die MTC Namibiese senior mansveldhokkiespan vertrek vandag na Johannesburg waar hulle vyf amptelike toetse en twee internasionale vriendskaplike wedstryde teen die Suid-Afrikaanse Proteas by die Northcliffe Hoërskool gaan speel.
Me. Mary Hansen (spanbestuurder) sê die Namibiërs gebruik dié geleentheid om vir groter dinge te slyp.
“Ons gebruik die toer ter voorbereiding vir die MTC Namibiese manshokkiespan om in Januarie aan die 2022 Afrika-Nasiesbeker (Afcon) in Ghana deel te neem.
“Dit is ook vir ons o.21-spelers die ideale geleentheid om vir die kwalifiserende ronde vir die o.21-Wêreldbeker komende Augustus in Windhoek te slyp.”
Suid-Afrika word tans as die 14de beste land deur die Fédération Internationale de Hockey (FIH) gereken, terwyl Namibië op 59 huiwer. Egipte (21ste), Ghana (35ste), Kenia (52ste) en Zimbabwe (54ste) is die vier ander Afrika-lande wat tans hoër as Namibië gekeur is. Zambië (85) en Uganda (91) suig egter aan die agterste speen.
België (eerste), Australië en Duitsland beklee tans die topdrie posisie op die FIH-wêreldranglys.
Ná Namibië se hardnekkige vertoning by die afgelope binnenshuise Afrika-kampioenskap in Durban waar hulle in die eindstryd met 4-1 teen Suid-Afrika verloor het, sal Trevor Cormack (hoofafrigter) vol hoop vir sy span se kanse teen Ama-Stokkie te wees.
Fagan Hansen van Namibië was in Durban die algehele voorste doelskieter met ’n allemintige 24 treffers in vyf wedstryde in die driehoekige toernooi waarin Botswana die melkkoei was. Een swaeltjie maak nie ’n somer nie, maar die Hansen-broers Dakota en Fagan is ’n gevestigde kombinasie en sal beslis weer hul stempel in Gauteng wil afdruk.
Die eerste twee toetse is Saterdag en Sondag, beide om 15:30. Toets nommer drie en vier vind op 4 en 5 Mei om 19:00 plaas, terwyl die laaste een op 7 Mei gespeel sal word (19:00).
Die Namibiese reisgroep se Covid-19-toetsuitslae was gister negatief en hulle is dus gereed om die reis na Gauteng aan te pak.
Die Namibiese spelersgroep: David Britz (18 jaar), DJ Strauss (30, doelwagter), Ivan-Mendes Semedo (21), Damien Schütz (20), John-Paul Britz (16) en Percy Barthram (22), almal van DTS; Alex Kurangera (23, doelwagter) en Baggio Karigub (23), beide van Nust; Dakota Hansen (21), Fagan Hansen (18), Owen Hatton (18), Nicolai Hilbert (19), Brynn Cleak (28), Richter van Rooyen (17, doelwagter), Nico Neethling (19) en Joseph van Niekerk (18), almal van Saints; Dylan Finch (23), Nico Jacobs (22), Matukaramove Kavikairiua (19) en Pieter Jacobs (24) van Windhoek Old Boys. Sachin Jaanda (21) van School of Excellence.
Die span word deur me. Mary Hansen (spanbestuurder), Trevor Cormack (hoofafrigter), Johan Weyhe (hulpafrigter), Jerrica Bartlett (video-ontleder) en Warren Moodley (fisioterapeut) vergesel.
Die Proteas kan verteenwoordig word deur Rassie Pieterse, Siya Nolutshungu, Jethro Eustice, Matt Brown, Le-Neal Jackson, Tyson Dlungwana, Chad Futcher, Gareth Heyns, Andrew Hobson, Alex Stewart, Peabo Lembethe, Sam Mvimbi, Nic Spooner, Clinton Panther, Ryan Julius, Dayaan Cassiem, Ignatius Malgraff, Bili Ntuli, Ryan Crowe, Richard Pautz en Rusten Abrahams.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie