Mao se skool
Mao se skool

Mao se skool

Mandy Rittmann
Koos Pretorius skryf:
’n Vriend van my het my aandag daarop gevestig dat hy onlangs deur die pers kennis geneem het van ’n skool in Katutura wat vernoem is na die Chinese leier Mao Ze Wong (ook gespel Mao Tse Eung). Hy was vanaf 1949 tot met sy dood in 1976 op 82-jarige ouderdom die leier van die Chinese regering en die Chinese Kommunistiese party.
Die naam is glo aangekondig deur ’n senior Swapolid en gemotiveer as sou dit gedoen word om dankie te sê vir wat China (Mao) gedoen het om Swapo gedurende die vryheidstryd te help.
Daar is nie gesê of dit eers uitgeklaar is met die betrokke ouers en of dit net goedkeuring van die Swapo-kabinet was nie.
Daar is ook nie gesê dat dit ’n natuurlike gevolg gaan wees dat die kinders van hierdie skool eendag gaan vra wie die man was nie? Vanselfsprekend gaan dan net mooi dinge van hom gesê word. Dit mag selfs gebeur dat sy Chinese vriende ’n groot portret van hom aan die skool gaan skenk om in hulle skoolsaal op te hang! Dit is selfs moontlik dat die skool se leuse, Stalin se stelling gaan wees, naamlik:
Godsdiens is die opium van die volk.
Onmoontlik sou u sê! Regtig? Ja, sal ek antwoord.
Selfs geletterdes sê dan al so. Daar is baie van hulle. Selfs doktors en professore.
’n Goeie en duidelike onlangse voorbeeld hiervan is dr. Piet Croucamp, ’n begaafde maar omstrede politieke dosent en ontleder aan die Universiteit van Johannesburg. Hy het noue bande met Namibië en het ookal verskeie gehore hier toegespreek. Rapport van 24 April 2016 skrywe soos volg oor ’n onderhoud wat dr. Croucamp met prof. Richard Howe van die Amerikaanse Southern Evangelical Seminary gehad het gedurende Augustus 2013:
“In sy toespraak verwys Croucamp na die gebrekkige kennis oor die wetenskap wat Jesus in die Bybel openbaar. Croucamp sê Jesus en die God van die Bybel het niks van enigiets geweet nie. ‘Hulle is albei breindood.’
“Hy sê Christene lieg en bedrieg mense om hulle te laat glo dat daar ’n God is. ‘Daar is geen bewys nie. Daar is geen f . . . n bewys dat daar ’n God is nie. Hy bestaan nie net omdat jy wil hê hy moet bestaan nie.’”
Daar word gesê dat 80% van Namibië se inwoners Christene is. Die Swapo-regering bly egter doof as hulle vra dat godsdiens in skole positief hersien moet word.
Gedurende die vryheidstryd was veral die swart kerke een van die steunpilare van Swapo. Na ­onafhanklikheid is hulle uitrangeer op ’n syspoor. Hoeveel van hierdie kerkleiers se name is al ooit gebruik om skole te vernoem? Was hulle bydrae minder werd as die van ’n ­berugte Chinese kommunistiese leier?
Weeg hulle nou op teen Mao Ze Wong. Baie geskiedskrywers beskou hom in dieselfde lig as Hitler of Stalin. Slegs na 1957 word beweer dat onder sy diktatorskap gedwonge arbeid, hongersnood en teregstellings meer as 40 tot 70 miljoen Chinese se lewens geëis het.
Gaan ons iets daaromtrent doen? Of gaan ons ten minste diegene wat iets daaromtrent wil doen help, al is dit net dat ons vir hulle bid?
Ek wil in alle opregtheid my dank uitspreek teenoor die CCN (Council of Churches in Namibia) vir die pogings wat hulle al tot dusver gedoen het om die Swapo-regering te probeer oorreed om te besef dat hulle nie 80% Christene aan die “vyand” kan uitlewer nie. Die vyand is ’n geestelike vyand en hy bevind hom onder alle mense.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!