Maori's verwelkom Britse Leeus
Rugby
Die Britse en Ierse Leeus het gister met hul aankoms by die Auckland-lughawe in Nieu-Seeland 'n tradisionele Maori-verwelkoming geniet, met die span se afrigter, Warren Gatland, wat volhou 'n reeksoorwinning teen die All Blacks is die enigste maatstaf vir sukses.
Sam Warburton, kaptein van die toeriste, het namens sy span die uitdaging aanvaar tydens die “powhiri” (verwelkoming), wat 'n aanbieding van die All Blacks se tradisionele “Ka Mate”-haka ingesluit het. Die Britse Leeus het met sang gereageer.
Die toeriste, wat nog net een reeksoorwinning in Nieu-Seeland behaal het, speel tien wedstryde teen die Kiwi's. Hulle pak al vyf die land se Superrugbyspanne, 'n provinsiale Barbarians-span, die Maori All Blacks en drie toetse teen Steve Hansen se All Blacks.
Gatland sê hoewel die Britse Leeus graag al tien hul wedstryde wil wen, sal 'n reeksoorwinning die ware maatstaf van 'n suksesvolle toer wees.
“Wie onthou die wedstryde in die middel van die week, die ander wedstryde?” sê Gatland.
“Dit gaan alles daaroor om die toetsreeks te wen. So, indien ons 'n kragmeting of twee langs die pad verloor terwyl ons na kombinasies kyk of dinge probeer, gaan dit nie die einde van die wêreld wees nie.”
Die eerste toets is op 24 Junie op Eden Park, die tweede op 1 Julie in Wellington en die reeks eindig met die derde toets terug in Auckland.
Die volledige toerskedule:
Saterdag 3 Junie: tn Nieu-Seeland provinsiale Barbarians in Whangarei
Woensdag 7 Junie: tn Blues op Eden Park, Auckland.
Saterdag 10 Junie: tn Crusaders in AMI-stadion, Christchurch.
Dinsdag 13 Junie: tn Highlanders in Dunedin.
Saterdag 17 Junie: tn Maori All Blacks in Rotorua.
Dinsdag 20 Junie: tn Chiefs in Hamilton.
Saterdag 24 Junie: tn All Blacks op Eden Park, Auckland.
Dinsdag 27 Junie: tn Hurricanes op Westpac-stadion, Wellington.
Saterdag 1 Julie: tn All Blacks in Westpac-stadion, Wellington.
Saterdag 8 Julie: tn All Blacks op Eden Park, Auckland. – Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie