Marais en Nesenberend tops met hul roere
Jaggeweerskiet
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het die afgelope naweek sy jaarlikse Sven Ahrens-herdenkingsbekerkompetisie ’n klipgooi ver vanaf Rehoboth by die Oanobdam aangebied.
Dit is die tweede bestaansjaar van die herdenkingsbeker en die byeenkoms was oop vir lede van die publiek asook al die streke wat ’n viermanspan wou inskryf.
Vanjaar het die span van Francois Marais senior, Francois Marais junior, Johan van Zyl en Guillaume Nel uit die sentraalstreek die spankompetisie ingepalm.
Vrydag net ná die middaguur is die byeenkoms deur die .222- en .223-skuts ingelyf met die ope afdeling wat eers die volgende dag gepak is voordat die ghong-afdeling Sondag aan die beurt gekom het.
Die deelnemers moes hul korrel ken by die ses verskillende skietbane in die bergagtige omgewing en droë rivierbedding waar die hitte vir die ewige teenwoordigheid van lugspieëling gesorg het.
Met lewensgrootte teikens van ’n blesbok, blouwildebees, hartebees en hiëna asook die twee ghongs kon die skuts ’n maksimum van 150 punte per dissipline aanteken, wat ’n totaal uit 900 punte beteken.
Skuts is agterna ook in verskeie kategorieë vir hul bydrae en prestasies in 2018 aangewys en word soos volg deur die NHRSA gelukgewens:
Beste ondersteuner: Kobus Meyer.
Mees toegewyde lid: Silke Katelin Grobler.
Penkop van die jaar: Hanré Cocklin.
Senior van die jaar: Francois Marais senior.
Veteraan van die jaar, Johan Kannemeyer.
Beste vordering: Ferdinand Schnaitmann (mans) en Marianna Basson (vroue).
Beste gemiddelde telling vir 2018, Francois Marais junior.
Sportman van die jaar: Francois Marais junior.
Sportvrou van die jaar: Lauren Nesenberend.
“Die NHRSA bedank graag al sy lede en borge vir hul getroue ondersteuning en toewyding wat jaggeweerskiet tot een van die grootste skietdissiplines in Namibië laat groei het.
“Ons kompetisierooster vir 2019 sal op ons Facebook-blad en ons webblad geplaas word. Ons hoop om almal weer volgende jaar te sien en wens ieder en elk ’n geseënde en veilige feesseisoen toe,” lees die NHRSA se verklaring.
Die voorste uitslae van die Sven Ahrens Gedenkbyeenkoms:
Penkoppe: 1 Hanré Cocklin, 2 Joubert Engelbrecht, 3 Vincent Marais.
Junior mans: 1 Xander van Rooyen, 2 Renee Maritz.
Mans: 1 Francois Marais junior, 2 Dirk de Beer, 3 Walter Kinnear.
Senior mans: 1 Francois Marais senior, 2 Marius Louw, 3 Wathy van der Wath.
Veterane: 1 Kurt Sauber, 2 Francois Blaauw.
Vroue: 1 Cornel van der Westhuizen, 2 Lauren Nesenberend, 3 Karola Marais.
Algeheel: 1 Francois Marais junior, 2 Dirk de Beer, 3 Walter Kinnear.
.222- en .223-kompetisie: 1 Francois Marais junior, 2 Lollie van der Wath, 3 Wittes Marais.
Ghong-uitdaag: 1 Francois Marais junior, 2 Sonnie Basson, 3 Hannes Cocklin.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie