Marais-familie korrel fyn
Jaggeweerskiet
Tielman van Lill - Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het onlangs sy .222- en .223-kompetisie en die sewende ronde van sy streekskompetisie by die Otjiwa-lodge naby Otjiwarongo aangebied.
Soos dit hierdie tyd van die jaar gaan, moes skuts in winderige toestande en hoë temperature skiet asook lugspieëling die hoof bied wat tussen hulle en die teikens gebewe het.
Die uitdagings het uit ses skietbane bestaan – twee met ghongs en vier met lewensgrootte dierteikens. Skuts kon 'n maksimun van 150 punte per baan insamel.
Die voorste uitslae:
Penkoppe: 1 Christo van Rooyen, 2 Tjaart Vorster, 3 Dawid du Toit.
Juniors: 1 Hanré Cocklin, 2 Jean de Schmid, 3 Xander van Rooyen.
Veterane: 1 Francois Blaauw, 2 JWF Kannemeyer.
Seniors: 1 Francois Marais senior, 2 Marius Louw junior, 3 Marius Louw senior.
Vroue: 1 Karola Marais, 2 Bets-Marié Coetzee, 3 Cornel van der Westhuizen.
Mans: 1 Francois Marais junior, 2 Johan van Zyl (Eveready), 3 Basjan van der Merwe.
Goue klas: 1 Francois Marais jnr, 2 Johan van Zyl, 3 Basjan van der Merwe.
Silwerklas: 1 Ferdinand Schnaitmann, 2 Marius Louw junior, 3 Schalk van Wyk.
Bronsklas: 1 Francois Blaauw junior, 2 Nicoleen van Rooyen, 3 Anthony van Wyk.
Algeheel: 1 Francois Marais junior, 2 Johan van Zyl, 3 Basjan van der Merwe.
.222/.223-kompetisie: 1 Francois Marais junior, 2 Francois Marais senior, 3 Nickie Marais.
“Baie dankie aan Outdoor Centre en Otjiwa-lodge vir 'n byeenkoms wat nog lank onthou sal word. Ons hou op 26 Oktober ons galaprysuitdeling waar die Namibiese spanne aangekondig gaan word. Kaartjies vir die aand is beskikbaar. Vir navrae kan 'n e-pos na [email protected] gestuur word.
“Van 7 tot 9 November bied ons die jaarlikse Sven Ahrens-gedenkbeker asook die laaste streek- en nasionale spankompetisie vir 2019 aan,” het me. Bets-Marié Coetzee, bemarkingsbeampte van die NHRA, laat weet.
Vir meer inligting en aanlyn inskrywings kan www.nhrsa.com besoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie