Marais, Kasch maak skoonskip by Mole

Drikus Coetzee se rekords in die ultra- en standaard-afstand is vir eers veilig.
Tielman van Lill
Tielman van Lill

Conrad Marais het Sondagoggend die elite-mansafdeling in die ultra-afstand (1,9 kilometer swem, 90 km fietsry, 21,1 km hardloop) van die 14de FNB Sandman-driekampbyeenkoms in Swakopmund vir die derde agtereenvolgende jaar in 4 uur 36 minute 24 sekondes gewen.

Benita Kasch wen die elitevroueafdeling in 5:09:40 nadat sy verlede jaar tweede ná Risa Dreyer (4:59:21) in 5:09:45 geëindig het. Dreyer het nie Sondag aan die Sandman deelgeneem nie en sal eers teen April volgende jaar weer in aksie wees.

Lelani Swart was tweede en Anri Krugel derde, terwyl Herbert Peters tweede by die mans geëindig het gevolg deur Jan Louis Mostert.

Kasch het in 2017 die eerste plek met 5:32:45 behaal en dit in 2018 met 5:25:30 (eerste) opgevolg. In 2019 wen sy die standaard-afstand met 2:25:51.

Marais klok met 4:47:41 vir die eerste plek in 2019 in en verlede jaar verseël hy sy oorwinning met 4:38:02. Aansienlik stadiger as sy wentyd Sondag.

Drikus Coetzee se rekord van 4:07:14 wat hy in 2015 opgestel het met Jean-Paul Burger tweede (4:15:11) is steeds veilig. Burger wen die ultra met 4:13:53 in 2016.

Coetzee is ook die rekordhouer in die standaard-afstand met ’n blitsige 1:52:20 wat hy in 2013 behaal het. Hy en Burger (tweede in 1:58:51) het mekaar goed opgekeil. Die volgende jaar het Coetzee weer in 1:53:23 gewen, terwyl Herbert Peters tien minute later in 2:03:45 geëindig het.

Met die oog op die komende Nedbank Desert Dash wat Vrydagmiddag in Windhoek begin, het Burger en Coetzee nie aan die Sandman deelgeneem nie. Burger sal Vrydag saam met Alex Miller in ’n tweemanspan die Dash aanpak terwyl Coetzee solo gaan ry.

JG van der Westhuizen het Sondag die standaard-afstand ingepalm, gevolg deur Petrus Human met Peter Brinkmann derde.

Marais het aan Republikein gesê: Sjoe, wat ’n wonderlike naweek. Die weer was fantasties en die wind was ’n ligte suidweste wind gewees.

“Die Sandman is die enigste ultra-kompetisie in Namibië waaraan ons kan deelneem. Die korter afstande is te vinnig vir my. Dis ’n moordende uitdaging wat jou sielkundig en fisiek tot die uiterste beproef. Die Sandman is jaarliks die topkompetisie op my lys.

“Ek het baie myle in my bene vir die Sandman gehad. Ek was tweede uit die water na Jan Louis. Met die fietsry het ek ná 5 km die voortou geneem en my bene het goed in die halfmarathon gevoel.

“Dit voel lekker om te wen. Ek is ’n prokureur en hierdie is die ideale geleentheid om te ontlont. Gesonde kompetisie is goed en dit sal lekker wees om tot by die eindstreep te veg.

“Ek wil graag al die atlete gelukwens. Jan Louis het goed geswem en Herbert het briljant gedoen. Herbert gaan nog baie goed in die toekoms vaar. Anri is terug in Namibië en volgende jaar sal die kompetisie tussen die vroue vurig wees. Benita is in ’n klas van haar eie, want sy is goed in al drie sportkodes.

“Baie dankie aan die Brinkmanns van OTB Sport wat die kompetisie elke jaar reël. Sonder die kompetisie sal my jaar net nie dieselfde wees nie.”

Uitslae van vorige jare

Ultra (1,9 km, 90 km, 21,1 km)

2020: Vroue: 1 Risa Dreyer (4:59:21), 2 Benita Kasch (5:09:45). Mans: 1 Konrad Marais (4:38:02), 2 Horst Neumann (4:58:43), 3 Jan Louis Mostert (5:16:21).

2019: Vroue: 1 Melissa Hinz (5:18:42), 2 Bertha Theron (5:37:49), 3 Elzanne van der Linde (6:04:15). Mans: 1 Konrad Marais (4:47:41), 2 Petrus Laubscher (5:22:41), 3 Hennie Fourie (5:23:25).

2018: Vroue: 1 Benita Kasch (5:25:30), 2 Julika Pahl (5:28:35), 3 Risa Dreyer (5:41:04). Mans: 1 Tyrone Kotze (4:40:17), 2 Sebastian Pahl (4:43:24), 3 Gareth Jooste (4:46:23).

2017: Vroue: 1 Benita Kasch (5:32:45). Mans: 1 Tyrone Kotze (4:41:47), 2 Danie Joubert (4:57:20), 3 Selaotswe Tlhakuli (5:01:55).

Standaard (1 km, 40 km, 10 km)

2020: Vroue: 1 Julika Pahl (2:19:08), 2 Bertha Theron (2:31:01), 3 Julia Jansen van Rensburg (2:31:58). Mans: 1 Divan du Plooy (1:58:10), 2 Herbert Peters (2:04:27), 3 Sebastian Pahl (2:07:47).

2019: Vroue: 1 Benita Kasch (2:25:51), 2 Sonja Obholzer (2:42:10), 3 Wilmerie Schafer (2:49:40). Mans: 1 Luke Brinkmann (2:27:14), 2 Sebastian Jahnke (2:27:41), 3 René Graf (2:28:22).

2018: Vroue: 1 Lelani Swart (2:39:35), 2 Marguerite Verwey (2:52:33), 3 Nina Holtrup (3:01:49). Mans: 1 John Valentin (2:24:08), 2 Calla Joone (2:31:50), 3 Sebastian Jahnke (2:34:54).

2017: Vroue: 1 Tanya Mackensen (2:35:54), 2 Megan le Roux (2:41:06), 3 Stephanie Mohrmann (3:08:01). Mans: 1 Sebastian Pahl (2:04:42), 2 Herbert Peters (2:20:49), 3 Luke Brinkmann (2:25:48). - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!