Maranatha Goroh leef haar leuse

Lloyd Zandberg
Op 4 November word Halleluja Namibië as ’n nasionale geleentheid van lof en aanbidding by Vegkop-stadion by Windhoek Hoërskool aangebied. Ons sien uit daarna om Namibiese kunstenaars daar te verwelkom, soos onder meer Maranatha Goroh, Ponti Dikuua en die Collective Singers, asook Clive Willemse van die NOW Generation.

Ons sal die Here ook saam met Suid-Afrikaanse gunstelinge loof, soos Louis Brittz, Retief Burger, Louis Loock, Juanita du Plessis, Elvis Blue, Rouchelle Liedeman, Neville D en die sangpaar Anders. Kry gerus jou kaartjie betyds by www.webtickets.com.na of by Pick n Pay-winkels dwarsoor die land.

Maranatha is ’n opkomende ster in Namibië, met ’n kragtige en unieke stem. Sy het openbare verhoudinge aan die Universiteit van Namibië gestudeer. Sy maak reeds sedert 2013 opgang in haar sangloopbaan en deel die verhoog met sterre soos Rebecca Malope en Benjamin Dube. Sy het vanjaar twee toekennings gewen by die jaarlikse Namibiese Musiektoekennings.

Maranatha sing graag gospelliedjies en wil nie net ’n vermaaklikheidskunstenaar wees nie, maar wil mense geestelik bedien deur haar sang. Haar eerste album, Smile, is in 2016 bekend gestel. Daarmee streef sy daarna om haar persoonlike leuse, naamlik “plaas God eerste en jy sal sukses behaal”, te leef.

Die hekke by Halleluja Namibië maak 4 November om 15:00 oop. Goue Sirkel-sitplekke is beperk en kan bespreek word by www.webtickets.com.na. Die oop area is groot en daar sal plek vir almal wees! Kinders en pensioenarisse kry 50% afslag! Sien julle by Halleluja Namibië!

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!