Marco Seefeldt se Bonni die opperkampioen

Kaspar Günzel oes ook grotes
Ronelle Rademeyer
Marco Seefeldt en die touleier, Johannes Shaningika, was ewe oorstelp toe die aankondiging gister gemaak word dat Bonni, 'n koei uit sy Silversand Charolais-stoet, as die Kampioen van Kampioene onder die beeste gekroon word nadat sy as die Windhoek Skou se interras-koei van 2018 aangewys is.

Volgens die interras-beoordelaar, Andrew Masterson, is sy 'n wêreldklas-koei met 'n baie goeie ribstruktuur en "tonne vroulikheid".

Hy sê beide sy kan enige plek in die wêreld meeding en presteer.

Dieselfde geld die interras-bul, Günzel Wally, wat aan Kaspar Günzel behoort. Dié bul is ook as die Feesmaster Select Bul van die Jaar aangewys, terwyl Kaspar se koei, Günzel Parice, die Queen's Cup verower het. (Sien bl. 4.)

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!