Marcus Thomas kry nuwe prokureur
Marcus Thomas kry nuwe prokureur

Marcus Thomas kry nuwe prokureur

Kristien Kruger
Kristien Kruger

Die twee Amerikaanse burgers wat tereg staan op die moord van mnr. Andre Heckmair, het Woensdag vlugtig in die hof verskyn waartydens een van die prokureurs haar aan die saak onttrek het.

Mnre. Marcus Thomas en Kevin Townsend word daarvan beskuldig dat hulle Heckmair tien jaar gelede in Windhoek met ’n enkele skoot in sy kop doodgeskiet het terwyl hy agter die stuur van sy voertuig was.

Me. Lilian Mbaeva het die hof in kennis gestel sy kan nie langer vir Thomas verteenwoordig nie, aangesien sy nie meer gaan praktiseer nie. Regshulpprokureur Laura Pack sal haar plek volstaan.

Mbaeva het onlangs haarself aan verskeie sake onttrek insluitend die Strzelecki-moordverhoor waar sy een van die beskuldigdes verteenwoordig het wat na bewering die bejaarde egpaar in hul huis op Swakopmund aangeval het.

Die Heckmair-verhoor sal op 31 Januarie hervat.

THOMAS SE 11DE PROKUREUR

Republikein se susterkoerant Namibian Sun het vroeër vanjaar berig die verhoor sloer weens vertragings en is vanaf 2014 meer as 100 keer uitgestel.

Thomas het reeds 10 regsverteenwoordigers gehad. Minstens drie is net vir ’n wyle aangestel voordat hulle onttrek het weens skeduleringskonflikte.

Die verhoor was in ’n stadium bemoeilik deurdat die direktoraat van regshulp in die ministerie van justisie, die hof ingelig het prokureurs was huiwerig om sy saak te aanvaar.

Regter Christie Liebenberg het gister partye aangemoedig om met mekaar te kommunikeer en vertragings te verhoed sodat die verhoor spoedig afgehandel kan word.

Pack het aangedui sy sal op 31 Januarie vertroud met die inhoud van die saak wees sodat die verhoor soos geskeduleer kan voortgaan. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!