Maree se borgaansoek misluk
Saak hervat Januarie 2022
Kristien Kruger
“Indien hy skuldig bevind word van hierdie ernstige oortredings, sal hy heel moontlik ’n lang vonnis opgelê word. Die feit dat die staat ’n sterk saak teen hom het en die moontlikheid van ’n swaar vonnis, dra by tot die waarskynlikheid dat hy sal wegbly van die hof of vlug.”
So het landdros Celma Amadhila Vrydag in die landdroshof in Windhoek gesê toe sy beslis het mnr. Johann Maree en sy regsverteenwoordiger, me. Eva Nangolo, kon nie daarin slaag om die hof te oortuig dat dit in die belang van geregtigheid of in openbare belang is as hy op borgtog vrygelaat word nie.
Die vermeende pedofiel, wat daarvan beskuldig word dat hy minderjarige seuns in Windhoek vir pornografiese doeleindes misbruik en verkrag en die beeldmateriaal na bewering internasionaal op die donker web versprei het, se formele aansoek om borgtog is van die hand gewys.
Amadhila het in haar uitspraak verwys na die petisie wat deur sowat 1 700 mense wêreldwyd onderteken is, asook die betoging deur ouers van die slagoffers en lede van die publiek gedurende hofverrigtinge teen sy vrylating.
“Dit is duidelik deur die bewyse dat die publiek wil hê dat hy in aanhouding moet bly. Sy vrylating kan vrese vir ’n herhaling van die oortredings by die slagoffers, hul ouers en die publiek veroorsaak.”
BEKENTENIS
Maree het aan die begin van die verhoor getuig en was tydens kruisondervraging deur staatsaanklaer, mnr. Like Phelem, gekonfronteer met ’n beketenis wat hy gelewer het.
In die bekentenis het hy erken hy is aangetrokke tot minderjarige seuns en dat hy verslaaf aan pornografie is.
Hy het ook van die slagoffers op hul name genoem en presies gesê wat hy met elke slagoffer gedoen het.
Amadhila het in haar uitspraak gesê Maree het tydens kruisondervraging verkies om sy reg tot stilte uit te oefen en het nie op die inhoud van die bekentenis gereageer nie.
“Maree het eers die dag daarná met die storie vorendag gekom dat lede van die polisie hom gedreig het om die bekentenis te lewer. Dit wil vir my voorkom asof die verduideliking ’n nagedagte was. Mens sou verwag dat hy dit reeds in sy getuienis sou aanroer, indien dit die geval was,” het Amadhila gesê.
INMENG EN VLUG
Amadhila het beslis die staat se gronde van besware dat Maree sal inmeng by die ondersoek of sal vlug, is geldig.
Volgens die uitspraak is dit haar mening Maree sal moontlik by staatsgetuies inmeng, omdat hulle kinders is wat hy goed ken.
“Hy is ook ’n voormalige polisiebeampte en dit sal nie vir hom ’n uitdaging wees om by die ondersoek in te meng nie.”
Daar bestaan ook, volgens die uitspraak, bewyse dat Maree konneksies met mense in die buiteland het wat hom glo kan help om op die vlug te slaan.
Maree het getuig dat hy hoë bloeddruk en asma het, asook dat hy aan posttraumatiese stresversteuring (PTSV) ly ná sy jare as polisieman.
Amadhila het tydens haar uitspraak gevra waarom daar geen bewyse van hierdie gesondheidstoestande ingedien is nie. Die enigste item wat Nangolo by die hof ingedien het, was ’n foto van Maree se twee honde.
SAAK GAAN VOLGENDE JAAR VOORT
Maree bly in aanhouding by die Seeis-aanhoudingselle tot hy op 17 Januarie weer in die hof verskyn.
Hy staan tereg op agt aanklagte van verkragting, agt van onsedelike aanranding, agt van immorele dade met minderjariges, agt vir die oortreding van die wet op die voorkoming van georganiseerde misdaad en agt vir die oortreding van die wet op die beskerming van kinders. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie