Maria Ramos op nuwe OBK-direksie
Elvira Wood – Tito Mboweni, minister van finansies, het eindelik ’n nuwe direksie vir die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) aangestel.
Dit is egter slegs ’n waarnemende direksie wat van 12 Julie 2019 tot 31 Julie 2020 in plek sal wees.
Die tesourie sê Woensdagmiddag laat in ’n verklaring die aanstelling is in oorleg met die kabinet gedoen.
Die direksie sal ’n voorsitter en adjunkvoorsitter op hul eerste vergadering kies. Hulle moet self die vergadering belê. Tradisioneel word die minister van finansies se eie adjunk as voorsitter aangewys, berig Bloomberg. Dit is dus 'n groot hupstoot vir die onafhanklikheid van die OBK se direksie, wat ook nou vir die eerste keer verteenwoordigers van vakbonde insluit.
Die lede is:
· Sindi Mabaso-Koyana, voorsitter van AIH. Sy is tans ook ’n nie-uitvoerende direkteur by Eskom en by MTN Zakhele Futhi. Mabaso-Koyana is ’n geoktrooieerde rekenmeester;
· Irene Charnley, uitvoerende hoof van Smile Telecoms;
· Tshepiso Moahloli, hoofdirekteur verantwoordelik vir aanspreeklikheidsbestuur by die tesourie;
· Maria Ramos, voormalige uitvoerende hoof van Absa en nou direkteur by AngloGold Ashanti;
· Barbara Watson, hoofdirekteur verantwoordelikheid vir diversiteitsbestuur by die departement van staatsdiens en administrasie;
· Ivan Fredericks, hoofbestuurder van Fedusa;
· Zola Saphetha, hoofsekretaris van Nehawu;
· Bhekithemba Gamedze, lid van die raad van trustees van die staatspensioenfonds (GEPF);
· Dr. Angelo David Sabelo de Bruin;
· Prof. Bonke Dumisa, professor in regte verbonde aan die Universiteit van Zululand;
· Adv. Makhubalo Ndaba, lid van die raad van trustees van die GEPF;
· Dr. Reuel Khoza, voorsitter van Dzana Investments en AKA Capital;
· Pitsi Moloto (heraanstelling); en
· Xolani Mkhwanazi (heraanstelling). – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie