Maria Sululu Isaacks begrawe
Maria Eiseb - Die politieke aktivis. me. Maria Sululu Isaaks, is Saterdag op die hervestigingsplaas Versailles ter ruste gelê nadat die ministerie van grondhervorming dié versoek goedgekeur het.
Volgens Isaacks se oom, mnr. Anton #Auseb, was dit haar wens dat sy op Versailles waar hulle hervestig is, begrawe word. #Auseb sê die familie is bly dat hulle aan haar laaste wens kon voldoen.
“Dit was moeilik en dit het gelyk of ons haar nie op Versailles sou begrawe nie,” het hy gesê. “Nadat die regering gesê het ons kan haar daar begrawe, was die bekommernis verby.”
Volgens #Auseb wou die familie haar nie in Windhoek begrawe nie. “Ek is bly die begrafnis is sonder twis of stryery afgehandel,” het hy bygevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie