Mariaan en Roland: Bruidspaar van die jaar
Roland en Mariaan van Greunen is Saterdag as die wenners van Republikein se bruidspaar van die jaar aangewys tydens die finale ronde van die kompetisie by die Namibië Toerisme Ekspo.
Die naaswenners was Miguel en Cizelle Neto, en Gordon en Bianca Muller was derde.
Die finaal het plaasgevind ná maande se voorbereiding, met paartjies wat van oral in die land na Windhoek gekom het om mee te ding.
Na 'n stappie deur die skouterrein, is die paartjies na die My Zone-kookarea, waar die bruidegomme “churros” moes maak en bruide oor hul ontmoetings en troudag gesels het.
Vanjaar was meer as N$120 000 se pryse op die spel in die kompetisie, en het die topdrie-paartjies asook die sewe ander finalispaartjies met wonderlike items huis toe gegaan.
Mariaan en Roland wen:
• Vlugte (retoer, lughawebelasting ingesluit) van Windhoek na Johannesburg, ’n huurmotor en drie nagte se verblyf by The Palace of the Lost City met die komplimente van Trip Travel en Sun International.
• ’n Stoof, yskas en wasmasjien met 'n totale waarde van N$31 400 van Whirlpool en Furntech Agencies
• Verblyf by die Swakopmund Hotel & Entertainment Centre ter waarde van N$10 000.
• N$5 000 se boedelbeplanning vir hom en haar van Du Toit Associates
• Geskenkpakkies van Hartlief, Ina Paarman en Make-Up Addict.
• Geskenkbewyse van GoKarting Entertainment, Metro, Namibian Portraits, Sizzor’s Edge en Otto Mühr.
Cizelle en Miguel wen:
• Twee nagte (ontbyt en Sondagmiddagete ingesluit) ter waarde van N$10 000 by die Avani-hotel
• Yskas en mikrogolf ter waarde van N$13 580 van Whirlpool en Furntech Agencies
• Geskenkbewyse van Metro, Namibia Portraits en Otto Mühr
• ’n Geskenkpakkie van Ina Paarman
Bianca en Gordon wen:
• Een nag (ontbyt ingesluit) ter waarde van N$5 000 by die Avani-hotel
• ’n Yskas ter waarde van N$8 195 van Whirlpool en Furntech Agencies
• Geskenkbewyse van Metro, Namibia Portraits en Otto Muhr
• ’n Geskenkpakkie van Ina Paarman
ANDER PRYSE
Die ander sewe finalispaartjies het geskenkbewyse van Metro, Namibia Portraits en Otto Mühr asook ’n geskenkpakkie van Ina Paarman en ’n bottel JC le Roux-vonkelwyn ontvang.
Gotfried en Gersoline Uiseb is die paartjie wat die meeste SMS’e ontvang het, en het ’n Whirlpool-mikrogolfoond gewen. Daarmee saam het ’n leser wat ’n SMS gestuur het, ook só ’n mikrogolf gewen.
Die Avani het ’n ete vir twee en drankies ter waarde van N$150 geborg, wat die bruidegom met die mooiste “churros” gewen het, terwyl ’n toekomstige bruid ’n geskenkbewys van N$7 000 ontvang het vir opleiding in grimeertegnieke van Make-Up Addict.
Die beoordelaars is bederf met Mumm-sjampanje wat deur Pernod Ricard verskaf is.
Republikein bedank alle borge vir hul ondersteuning.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie