Mariana wag op wonderwerk
Mariana wag op wonderwerk

Mariana wag op wonderwerk

Tanja Bause
Tanja Bause - Mariana Grobler is op 19 Februarie vanjaar met ’n rare siekte gebore wat as “wit kornea” bekend staan.
Dit beteken dat sy slegs tussen lig en donker kan onderskei en vorms kan uitmaak.
Die kornea, die oog se “venster”, laat lig deur en is ’n deurskynende weefsellaag aan die voorkant van die oog. Maar in Mariana se geval is haar kornea melkerig en is haar sig daardeur aangetas.
Die hoop bestaan dat haar regteroog deur middel van ’n kornea-oorplanting gered kan word. Dit behels die chirurgiese verwydering van die korneale weefsel en die vervanging daarvan met skenkerweefsel.
Mariana kan net ’n skenkerkornea in haar regteroog ontvang omdat haar linkeroog nie ’n voorkamer het nie, wat meebring dat sy nooit met haar linkeroog sal kan sien nie.
Volgens haar ma, Susan, was die diagnose deur die eerste spesialis wat hulle besoek het dat Mariana nie blind is nie en dat die familie "huis toe moet gaan".
“Die dokter was ook meer gepla oor wat dit veroorsaak het en nie wat ons kan doen om dit te verbeter nie,” sê sy.
Intussen is ’n tweede spesialis tans besig om navorsing te doen oor ’n oplossing om Mariana te help.
“Die oorplanting kan in Namibië gedoen word. Die probleem is egter dat Namibië baie laag is op die lys om ’n skenkerkornea te ontvang aangesien dit deur die Internasionale Oogkliniek bestuur word,” sê Susan.
’n Kind se oë groei tot op agtjarige ouderdom. Dus kan Mariana nie ’n sintetiese kornea-oorplanting ondergaan nie. Sy moet ’n kornea van ’n baba kry sodat dit saam met haar oog kan groei.
Haar gesin hoop ’n operasie kan in Suid-Afrika gedoen word waar dié prosedure meer gereeld uitgevoer word. Andersins sal hulle na Amerika moet reis om Mariana te kan help.
“Mariana het ook vog in haar ore en sy moet dreineringsbuisies kry sodat een van haar sintuie minstens ten volle kan ontwikkel,” sê Susan.
Sy het hul gesin se dankbaarheid uitgespreek teenoor elkeen wat reeds na hulle uitgereik het, "veral die vrou in Swakop wat haar verjaardaggeskenke opgeoffer het deur vir haar vriende te vra om dit eerder in geld vir Mariana te skenk".
Vir meer inligting oor Mariana en hoe om haar te help, besoek die Facebook-blad Namibia Miracle Child.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!