Marie Antoinette se juwele onder hamer
Daar is meer as 200 lotte wat oor ’n geskiedenis van meer as 200 jaar strek.
Een van die belangrikste koninklike juweelversamelings wat tot dusver na die veilingsvloer toe kom, word op 12 November vanjaar deur Sotheby’s in Genève, Switserland, opgeveil.
Dié versameling van die Bourbon-Parma-familie sluit ook juwele in wat aan Marie Antoinette, die Franse koningin wat per guillotine tereggestel is, behoort het. Daar is meer as 200 lotte wat oor ’n geskiedenis van meer as 200 jaar strek.
Daniela Mascetti, adjunkvoorsitter van Sotheby’s se Europese juweliersafdeling, sê elke juweel in die versameling is deurdrenk van geskiedenis en dit is nog nie vantevore in die openbaar gesien nie.
Marie Antoinette, wat bekend was vir haar spandabelrigheid, het dikwels in oordadige juweliersware met pêrels en diamante gepronk.
Vyf solitêrdiamante wat aan dié koningin behoort het, maak deel uit van ’n indrukwekkende stel juweliersware met 95 diamante. Die stel gaan na verwagting tussen US$300 000 en US$500 000 op die veiling haal.
’n Diamanthangertjie met ’n buitengewoon groot pêrel (26 mm x 18 mm), wat ook aan haar behoort het, gaan na raming vir tussen US$1 miljoen en US$2 miljoen verkoop.
Die Bourbon-Parma-familie is verwant aan van die belangrikste koninklike families in Europa, van die Bourbon-familie tot die Habsburg-familie.
Die families is afstammelinge van die konings van Frankryk, keisers van Oostenryk en die hertoë van Parma.
Een van die hoogtepunte is ’n diamant-tiara wat aan die aartshertogin Maria Anna van Oostenryk behoort het. Dit was ’n trougeskenk van keiser Franz Josef en kan vir tot US$120 000 verkoop. Ook gaan ’n ring met ’n oranje-pienk diamant van 2,44 karaat, wat ’n geskenk van die aartshertogin se pa was, onder die hamer gebring word. Mascetti sê die juweliersware bied ’n insig in die lewens van die eienaars eeue gelede. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie