Mariental-hospitaal kry suurstofaanleg
Die Mariental-hospitaal het 'n skenking van N$7 miljoen van Namib Desert Diamonds (Namdia) ontvang. Die omgewingsvriendelike suurstofaanleg met 'n kapasiteit van 500 liter wat aan die hospitaal geskenk is, is die eerste van sy soort in Afrika en is ten voordeel van die hele Hardapstreek.
Die hospitaal se departement vir buitepasiënte is ook omskep in isolasiegeriewe wat 12 pasiënte in hoësorg kan huisves. Dit gaan ook in die toekoms 'n intensiewesorgeenheid kry wat tien pasiënte sal kan huisves.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie