Mariental hou eerste boogskietkompetisie

Boogskiet
Die Danie Joubert Gekombineerde Skool op Mariental het onlangs sy eerste boogskietkompetisie vir die Nasionale Boogskietprogram in Skole (NASP) aangebied.

Uit die 64 skutters wat deelgeneem het, was dit 13 se eerste keer.

Die dag het windstil begin, maar gou was daar 'n luggie wat die skutters se oordeel getoets het.

Hoewel die wind later sterker gewaai het, het die kinders steeds goeie punte­tellings behaal.

Die algehele kampioene van die

dag is Willem Lottering en Leonise Human van Gobabis ­Gimnasium, wat onderskeidelik die senior

seuns- en meisiesafdeling oorheers het.

By die junior meisies het Marli Louw (Gobabis Gim) oorheers, terwyl MJ van der Westhuizen (Berg-Op ­Akademie) skoonskip in die seunsafdeling gemaak het.

Uitslae

Kolskootafdeling: Juniors. Seuns:

1 MJ van der Westhuizen (Berg-Op), 2 Alexander Abrahams (SKW), 3 Keanu Klose (Luderitz Boogskiet­klub). Meisies: 1 Mari Louw (Gobabis Gim), 2 Anrika van Zyl (Danie Joubert), 3 Melissa de Jesus Jose (Berg-Op).

Seniors. Seuns: 1 Gerhard Koen (Keetmanshoop Privaatskool),

2 Willem Lottering (Gobabis Gim), 3 Edward Kesslau (Gobabis Gim). Meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Elsjen Wilders (Windhoek Gim), 3 Elize Haasbroek (Privaat­skool Elnatan).

Diereronde: Juniors. Seuns: 1 MJ van der Westhuizen (Berg-Op),

2 Alexander Abrahams (SKW),

3 Izak Engelbrecht (Berg-Op).

Meisies: 1 Suné Visser (SKW),

2 Anrika van Zyl (Danie Joubert),

3 Mari Louw (Gobabis Gim).

Seniors. Seuns: 1 Willem Lottering (Gobabis Gim), 2 Gerhard Koen (Keetmanshoop PS), 3 Thomas Blaauw (SKW). Meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Elize Haasbroek (PS Elnatan), 3 Elsjen Wilders (Windhoek Gim).

Algeheel: Juniors. Seuns: 1 MJ van der Westhuizen (Berg-Op), 2 Alexander Abrahams (SKW), 3 Keanu Klose (Luderitz BSK). Meisies: 1 Mari Louw (Gobabis Gim), 2 Anrika van Zyl (Danie Joubert), 3 Suné Visser (SKW).

Seniors. Seuns: 1 Willem ­Lottering (Gobabis Gim), 2 Gerhard Koen (Keetmanshoop PS), 3 Thomas Blaauw (SKW). Meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Elsjen Wilders (Windhoek Gim), 3 Elize Haasbroek (PS Elnatan).



Personeel van die Danie Joubert ­Gekombineerde Skool bedank Hollard, Old Mutual en Pharma-Dynamics vir hul ondersteuning, asook die gemeenskap van Mariental vir al die donasies wat die skool ontvang het om die kompetisie moontlik te maak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!