Mariental in finaal teen Asiatiese kombinasie
Krieket
Andrew Poolman - Die krieketspanne van Mariental en Zebras sal mekaar komende Saterdag in die eindstryd van die Three Ships Whisky T20 eerste liga takel. Die twee spanne het juis onderskeidelik eerste en tweede op die puntelys klaargemaak.
Die kolfwerk van Basjan van der Merwe was ''n deurslaggewende faktor toe Mariental laas naweek die eerste halfeindstryd teen WHS Old Boys se tweede span gewen het.
Die wedstryd by die veld van Windhoek Affies se begintyd is heelwat vertraag deur nattigheid op die kolfblad en is vanweë die verlore speeltyd ook tot tien boulbeurte per span ingekort.
Mariental se kaptein, Basjan van der Merwe, het die loot gewen en die Windhoekers eerste ingestuur.
Jan-Berrie Burger, veteraan van die 2003 Wêreldbeker, het die horlosie teruggedraai toe hy met sy aggressiewe kolfwerk losgetrek het. Teen die tyd dat hy met sy 28ste bal deur Henk Murray geboul is, het hy reeds 63 lopies gemoker, met sewe grenshoue en vier sesse.
Sy openingsvennoot Nicky Buys (15 van 12 balle, 1x4) is ook deur Murray (2/13 in 2 boulbeurte) laat uitvang. Verder was daar net tyd vir Marnus Steenkamp (5) en Zion Oosthuizen (11) om hul paaltjies te verloor.
As bouler het Nico Fourie twee paaltjies vir drie lopies in sy enigste boulbeurt geneem.
WHS Old Boys se totaal van 99 lopies in tien boulbeurte het na ''n skaflike uitdaging gelyk.
Mariental was egter van meet af op die aanval. Jaco van Zyl het drie sesse geslaan voordat hy met sy tiende bal vir 21 lopies uitgevang is.
''n Vyftigtal deur kaptein Van der Merwe (58 nie uit nie van 30 balle, 2x4 4x6) in vennootskap met Nico Fourie (24 van 18 balle, 2x4) het vir Mariental die knoop deurgehaak om met agt paaltjies te wen – met die derde laaste bal.
SPANNING VOOR ZEBRAS WEN
Zebras is ''n Windhoekse klub wat meestal uit winkeleienaars en ander werkers van Pakistanse, Indiese en Bangladesji afkoms is. Vanweë werkverpligtinge oefen hulle bykans glad nie en die groep maak meestal op hul natuurlike talent vir krieket staat.
Gobabis se totaal van 147/9 in twintig boulbeurte was genoeg om die Zebras tot met die eerste bal van hul laaste boulbeurt besig te hou.
Gobabis se kolfbeurt het belowend begin ondanks die eerste verlies van paaltjiewagter W. Blaauw (10 lopies van elf balle).
Pieter Nel (39 van 27 balle, 4x4 1x6) en kaptein Schalk van Eck (30 van 21 balle, 1x4 2x6) se aanvallende houe het gereeld die grenstou gehaal totdat Van Eck uitgevang is.
Lappies Labuschagné (28 van 18 balle, 3x4 1x6) het kom oorneem, maar die Zebra-boulers het ''n ineenstorting vanaf 96/3 tot 130/9 bewerkstellig. Gobabis se kolwer nommer tien, Tobie van Zyl, het darem ''n ses en ''n vier geslaan in sy onoorwonne 14 van vyf balle geslaan.
Die Zebras se mees doeltreffende boulers was Y. Mehmood (3/15 in 4 bb), die mees ekonomiese Saleem Muhammad (1/28 in 4 bb) en Jamil Aziz (2/37 in 4 bb).
Asad Sher Ali (8) is agter die paaltjies uitgevang met die Zebras se telling op net 14. Die volgende topkolwers het egter verseker dat die gestreepte span met die vereiste kolftempo byhou.
Vreemd genoeg het Abdul Patel (23 van 29 balle), Shafiek Abduraghman (20 van 20 b) en Ankur Kathuria (29 van 30 balle) elkeen een vier en ''n ses geslaan voordat hulle uitgevang is.
Saleem Muhammad (31 van 18 balle, 4x4) het ook bygedra om die druk te verlig op die latere kolwers wat die wenlopie in die oorwinning met drie paaltjies moes aanteken.
Vir Gobabis het Schalk van Eck en Kerneels Bezuidenhout elkeen twee paaltjies platgetrek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie