Mariental: Krag af in Aimablaagte
Die munisipaliteit op Mariental sê in sy jongste nuus oor die kragonderbreking op die dorp 'n ondergrondse kabel wat die Kudu-ministasie in Aimablaagte bedien, is deur weerlig raakgeslaan. Volgens die munisipaliteit moet dit met die hand oopgemaak word om die fout te vind en te herstel.
"Die tegnici sal die kabel moet oopmaak deur dit oop te grawe. Dit is daarom onmoontlik om 'n geraamde tyd vir die duur van die onderbreking te gee," lui die verklaring.
"Die tegnici sal die kabel moet oopmaak deur dit oop te grawe. Dit is daarom onmoontlik om 'n geraamde tyd vir die duur van die onderbreking te gee," lui die verklaring.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie