Mariental Medical Practice open sy deure
Die nuwe minister van onderwys, kuns en kultuur, me. Katrina Hanse-Himarwa, het onlangs ’n nuwe mediese praktyk op Mariental geopen.
Hansa-Himarwa, wat voorheen die goewerneur van die Hardapstreek was, het tydens die opening gesê sy is in haar noppies dat die praktyk met die regering hande gevat het om te verseker dat niemand in die streek van gesondheidsdienste ontneem word nie.
Volgens haar is die praktyk ’n duidelike bewys van die pogings wat aangewend word om die lewens van Namibiërs te verbeter.
Hanse-Himarwa het gesê Namibië staar steeds talle uitdagings in die gesig wat ontwikkeling kniehalter.
“Geen twyfel bestaan dat een van dié uitdagings maatskaplike ontwikkeling is nie, veral weens ’n tekort aan mense wat vir spesifieke ampte gekwalifiseer is,” het sy gesê.
Volgens haar het Namibië bekwame mense nodig om beleid op te stel, te ontwikkel en te implementeer wat tot die verwesentliking van Visie 2030 sal lei.
“Om dit te kan bereik, moet Namibië voortdurend in die ontwikkeling van menslike hulpbronne belê,” het Hanse-Himarwa gesê.
Dr. Berit Platt, ’n algemene praktisyn wat aan die praktyk verbonde is, het gesê dit is nie net belangrik om in die land terug te ploeg nie, maar ook om noodsaaklike dienste na dorpe te neem wat nie so bevoorreg is soos die hoofstad nie, veral wanneer dit gesondheid raak.
Hy het inwoners van die dorp en die omliggende omgewing aangemoedig om van die geriewe gebruik te maak, en dokters aangemoedig om altyd daarna te streef om die beste diens te lewer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie