Mariental moet inspeksiespan oortuig
Sokker
Die organiserende komitee van die Namibian Newspaper Cup sal Mariental vandag besoek vir 'n finale inspeksie en vergadering met die plaaslike reëlingskomitee voordat die hoofstad van die Hardapstreek binnekort die 2019-weergawe aanbied.
Die jaarlike jeugtoernooi vir o.20 sokkerspanne van elke streek in die land sal gedurende die Paasnaweek van 19 tot 22 April gehou word.
Hardap het verlede jaar 'n suksesvolle bod vir die aanbieding ingedien en is voor ||Kharas en Oshana gekies vir die skouspel wat sokker- en netbalwedstryde insluit.
Volgens 'n verklaring deur die organiseerders moet die gasheerdorp se stadion minstens 200 toeskouers kan hanteer en dit moet oor 'n grasveld óf kunsmatige gras beskik. Geskikte beligting vir aandwedstryde, asook 'n aankondigingstelsel is van die verdere vereistes.
Verblyf, etes en sekuriteit vir die besoekende spanne, beamptes en media, asook mediese bystand word van die gasheerdorp vereis.
Die kommersiële regte van die toernooi bly die eiendom van die Namibiese Sokkervereniging en die koerant The Namibian.
Hardap se goewerneur, me. Esme Isaack, sê die streekkantoor is op koers vir 'n suksesvolle aanbieding van dié nasionale toernooi.
“Ons is reeds 95 persent gereed en besig met die voltooiing van die nuwe netbalbane. Ons werk hard saam met die betrokke rolspelers om 'n gedenkwaardige byeenkoms aan te bied, net soos in 2005.
“Ek glo die inspeksiespan sal baie tevrede wees wanneer hulle na Windhoek terugkeer,” sê Isaack.
Toe Hardap in 2005 die gasheerspan op Mariental was, het hy die finaal met 0-1 teen Otjozondjupa verloor. Die volgende jaar was Hardap egter kampioen toe die toernooi op Walvisbaai gehou was. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie