Mariental-monster kry 105 jaar
Mariental-monster kry 105 jaar

Mariental-monster kry 105 jaar

Elvira Hattingh
Hoërhof-regter Christie Liebenberg het die 34-jarige Gerald Henly Matlata vanoggend lewenslange tronkstraf opgelê vir moord, asook 80 jaar vir bykomende klagte.

Dit sluit in twee klagte van huisbraak met die opset om te verkrag, verkragting, twee klagte van poging tot moord, huisbraak met die opset om te roof, roof met verswarende omstandighe asook diefstal.

Matlata het vroëer vandeesmaand erken dat hy by drie huise van vroue op Mariental ingebreek het, twee van hulle verkrag en beroof het en sy laaste slagoffer vermoor het.

Die vonnis kom nadat staatsadvokaat Marthino Olivier die hof versoek het dat Matlata ‘vir die res van sy lewe’ tronk toe gestuur moet word, omdat hy geen tekens van berou getoon het nie. Olivier het bygevoeg dat sy aanvalle skynbaar goed beplan was omdat al die vroue, wat saam met ander mense in hul huise woon, toevallig alleen tuis was toe hy toegeslaan het.

Regter Liebenberg het Matlatla reeds op Donderdag 6 September skuldig bevind op bogenoemde klagte nadat hy skuld erken het. Intussen het die twee oorlewende klaagsters getuig hulle leef steeds in angs ná sy aanvalle op hulle.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer