Marietjie, Will staan hul man
Rolbal
Die twee Namibiese verteenwoordigers het sover hul man gestaan by die Kampioen van Kampioene-wêreldtoernooi in Sydney, Australië, waar die nasionale enkelspel rolbalwenners van dwarsoor die planeet meeding.
Ná die eerste twee speeldae het Will Esterhuizen en veral Marietjie van den Bergh reeds verskeie belowende uitslae behaal.
Van den Bergh, wat ook die huidige Afrika-titelhouer is, het met vyf opeenvolgende opponente afgereken nadat sy haar openingswedstryd naelskraaps verloor het. Vreemd genoeg was sy nou reeds in vier uit ses wedstryde in die valbylstryd van 'n derde stel betrokke, waarvan sy drie in haar guns beklink het.
Afgesien van Douw Calitz wat in 2003 hierdie wêreldkampioenskap beklink het, was Van den Bergh sover die beste Namibiese presteerder toe sy in 2015 vierde geëindig het. Die vrouespeler van Tsumeb het ook in 2016 en 2017 as die Namibiese kampioen gekwalifiseer, maar kon vanweë die koste nie die reis na die wêreldtoernooi onderneem nie.
Die uitslae sover:
WILL ESTERHUIZEN (MANS)
Gister: verloor teen Guernsey (Todd Priaulx) 5-9, 5-5.
Gister: verloor teen Hongkong (Tony Cheung) 5-6, 5-9.
Gister: klop Ierland (Mark Wilson) 6-5, 12-4.
Maandag: klop die eiland Man (Clive McGreal) 11-6, 10-9.
Maandag: klop Argentinië (Ralph Goodliffe) 11-4, 10-4.
Maandag: klop Kanada (Jerome Kirby) 13-5, 20-5.
MARIETJIE VAN DEN BERGH (VROUE)
Gister: klop Fidji (Litia Tikoisuva) 10-4, 9-8.
Gister: klop Ierland (Alicia Weir) 9-6, 6-7, valbyl 6-0.
Gister: klop die eiland Man (Janice Pilling) 5-13, 9-5, valbyl 3-1.
Maandag: klop Israel (Ruthy Gilor) 9-7, 6-8, valbyl 6-3.
Maandag: klop Macao China (Hilda Tam) 12-5, 12-7.
Maandag: verloor teen Maleisië (Nurul Alyani Jamil) 10-6, 8-9, valbyl 2-3.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie