Marilyn se besittings opgeveil
’n Diamant-polshorlosie wat aan een van Hollywood se grootste seksgodinne, Marilyn Monroe, behoort het, gaan later vanjaar deur Julien’s Auctions in Beverly Hills, Kalifornië, opgeveil word.
Dié veilingshuis spesialiseer in die verkope van memorabilia van vermaaklikheidsterre en die horlosie is deel van ’n groot versameling persoonlike besittings en dokumente van die aktrise wat onder die hamer gaan kom.
Volgens Julien’s word die veiling ter herdenking van Monroe gehou, wat op 1 Junie haar 90ste verjaardag sou gevier het.
Sy was veral bekend vir die liedjie Diamonds are a girl’s best friend.
Monroe se Art Deco Blancpain-horlosie met 71 diamante is afkomstig uit die boedel van Lee Strasberg, ’n bekende toneelspelafrigter en Monroe se mentor. Strasberg en sy tweede vrou, Paula, was ná aan die aktrise en sy het die horlosie saam met ander persoonlike items aan die egpaar bemaak.
Die horlosie is ná Monroe se dood in 1962 nog nie weer in die openbaar gesien nie.
Dit gaan na verwagting tussen N$1,2 miljoen en N$1,8 miljoen haal.
“Dié is een van die belangrikste veilings van items van Monroe nóg en die diverse versameling bied ’n intieme blik op die lewe van die Hollywood-legende,” sê Martin Nolan, uitvoerende direkteur van Julien’s Auctions op die veilingshuis se webwerf.
Onder die ander items tel ’n ontwerpershandsak van krokodilleer, ’n grys handsak van Mexiko met drie peso-note daarin, agt Phillip Morris-sigarette, gebruikte lipstiffie en verskeie pelsjasse en stolas.
Die veilingshuis verwag ook groot belangstelling in haar 1962-tjekboek met die teenbladjies van elke tjek wat sy in die laaste jaar voor haar dood uitgeskryf het.
Die items gaan in Europa, Asië, Suid-Amerika en in die VSA uitgestal word voordat dit op 19 en 20 November in Los Angeles opgeveil sal word. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie