Marion en die nukkerige brulpadda
Tanja Bause
Namibië, my ongelooflike dankbare en mooi land. Ek dink daar is nie ’n ander land wat so dankbaar vir reën is soos ons land nie. Wat so vinnig in ’n groen sprokieswêreld kan verander.
Dit is nie net blomme, gras en verskillende soorte plante wat hul verskyning maak nie, maar ook allerhande klein, groot, minder bekende en eienaardige diere.
So ook die grootbrulpadda. Ek en my familie het – soos talle ander Namibiërs – woestyn toe gery om die vir die water te gaan kyk. Op pad terug huis toe ry ek by ’n groot waterpoel in die pad verby en skielik beweeg die water. Ek kan nie mooi sien wat dit is nie. Ek sien ’n gedeelte van ’n dier, net rug of kop, en die sleurstroom wat dit agterlaat is nogal groot vir só ’n poel. Ek is oortuig dit is ’n krokodil. Wat anders kan so ’n groot sleurspoor maak? Maar hoe kom ’n krokodil in ’n waterpoel op ’n grondpad in die Khomas Hochland?
Ek stop net na die poel en ons spring uit om ondersoek in te stel toe my pa sê dit is brulpaddas. Sowaar daar is seker so vyf of ses reusepaddas wat uit die water vir ons loer.
Ek het in my lewe nog nooit ’n brulpadda in lewende lywe gesien nie. Ek weet hulle word in die noorde geëet en het al foto’s gesien waar hulle verkoop word. Maar die paddas in daardie poel was reusagtig. Ek kon nie glo dat hulle so groot kan word nie.
Natuurlik wou ek ’n ordentlike foto van die padda neem en het vir my suster, Marion, die water ingejaag sodat sy ’n padda kan vang en buite die poel kan neersit.
Sy het in die water ingeloop en ’n padda gegryp, dit is immers net ’n padda al is hy so groot soos ’n klein maltees. So vinnig soos wat sy hom gevang het, so vinnig het sy hom gelos.
“Hy voel soos plastiek. Dit is nie lekker nie. Ek wil hom nie optel nie,” het sy gesê en besluit om hom net kant toe te jaag. Die padda het hop-hop uit die water gespring en voor haar gaan gesit en vir haar gekyk. Hy het sy bek oop en toe gemaak terwyl hy ’n diep tjirp-geluid gemaak het.
Marion druk toe haar vinger in sy gesig en praat terug. “Sit stil sodat ons ’n foto kan neem en hou op om op my te gil,” sê sy nog toe die padda haar aanval.
Hy gee een groot sprong en byt haar aan haar duim. Terwyl hy so aan haar duim hang, gil sy en lig haar arm op. Die padda het deur die lug getrek. Hy het ’n endjie agter haar met ’n groot plons in die water beland.
Dit was die snaakste ding wat ek in my hele lewe gesien het. ’n Padda wat binne ’n paar sekondes ’n mens aanval, byt, deur die lug vlieg, in die water beland en met ’n reusesleurstroom verdwyn.
Ek wou toe nog ’n foto neem en het vir Marion gevra om ’n ander padda uit die water te jaag. Sy het egter haar bloeiende duim in die lug gehou en geweier. Sy is blitsig uit die water en ek dink tot vandag toe is sy nog getraumatiseerd.
Ek het bietjie navorsing gedoen en uitgevind dié brulpadda is wel een van net drie paddaspesies wat tande het en hulle is bekend daarvoor dat hulle wel aanval wanneer hulle bedreig voel.
Volgende reënseisoen moet ek iemand anders saam met my vat wat nie brulpaddas ken nie. Iemand wat bereid sal wees om hulle uit die poel te jaag sodat ek my foto kan neem, en dalk ook ’n foto terwyl die padda aanval. Hierdie keer is ek gereed.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie