Maritz sê oor oorgrens-reise

Hoewel Suid-Afrika nog nie op Namibië se lys van hoërisikolande is nie, word dit as ’n geraakte land beskou.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht en Ronelle Rademeyer - Die uitvoerende direkteur van binnelandse sake en immigrasie, mnr. Ettienne Maritz, het by navraag bevestig grense aan die Namibiese kant is toe vir almal buiten terugkerende Namibiese burgers en inwoners met permanente verblyfreg.

Vragmotorbestuurders wat voorrade oorgrens vervoer, word ook deurgelaat aangesien handel moet voortgaan.

Hy het bygevoeg dit is nie ’n “bevel” dat alle Suid-Afrikaners toegang tot Namibië verbied is nie, maar eerder ’n “versoek” dat alle vakansiereise uitgestel word.

Maritz maan die situasie en riglyne is “vloeibaar” en kan verander.

Tans is Suid-Afrika nie onder die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) se hoërisikolande nie, maar dit gaan volgens hom daaroor om Namibiërs te beskerm.

Hy het vroeër wel beklemtoon die opskorting van nie-noodsaaklike reise sal streng by alle grensposte afgedwing word. Dit volg nadat ’n kabinetsbesluit alle reise vir vakansie, sake- en sosiale redes opgeskort het.

Uitsonderings sal geld vir mense wat mediese hulp benodig of noodsaaklike dienste soos humanitêre bystand verleen, of trokdrywers is wat kos en ander noodsaaklike benodighede bring. Namibiërs wat terugkeer huis toe, sal ook toegelaat word.

Namibiërs wat vir noodgevalle na Suid-Afrika moet reis, het ’n voorgeskrewe vorm van die ministerie van binnelandse sake nodig. In die geval van mediese noodgevalle, het hulle bykomende toestemming van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste nodig, sê Maritz.

Intussen mag net een buitelandse vlug nog hierheen vlieg, en dit is KLM se vlug uit Amsterdam wat Woensdag Namibiërs terugbring huis toe en Donderdag buitelanders wat nog in die land is, die geleentheid sal bied om terug te keer na hul lande.

Wat streekvlugte betref, het South African Airways (SAA) Vrydag al sy vlugte na en van streek- en internasionale bestemmings tot 31 Mei opgeskort, wat Windhoek insluit.

British Airways se vlugte tussen Windhoek en Johannesburg, wat deur Comair bedryf word, is Donderdag opgeskort.

Ingevolge die kabinet se besluite wat op reis betrekking het, is daar ’n reisverbod op buitelandse burgers (deur lug of see) vanaf hoërisiko en geraakte lande.

Dit sluit die Schengen-lande (België, Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Frankryk, Griekeland, Hongarye, Italië, Latvia, Liechtenstein, Litaue, Luxemburg, Malta, Monaco, Nederland, Noorweë, Oostenryk, Pole, Portugal, Slowakye, Slowenië, Spanje, Swede, Switserland, San Marino, Tjeggiese Republiek, Vatikaanstad, Ysland), China, Iran, Suid-Korea, die Verenigde Koninkryk (VK), die Verenigde State van Amerika (VSA) en Japan is. Dié verbod sal gereeld hersien word.

Hoewel Suid-Afrika nog nie op die lys van hoërisikolande is nie, is dit ’n geraakte land.

Die afgekondigde reël vir Namibiërs uit hierdie lande, is om vir 14 dae self-isolasie toe te pas.

Met die vlug wat Saterdag uit Amsterdam geland het, is ’n kwarantyn-reël vir gesamentlike afsondering egter ingestel.

[email protected], [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!