Mark skrik toe Whitey sy aandele verkoop
Mark skrik toe Whitey sy aandele verkoop

Mark skrik toe Whitey sy aandele verkoop

Nellie Brand-Jonker
Die aankondiging Vrydag dat die Shoprite-groep se voormalige uitvoerende hoof, Whitey Basson, R1,8 miljard se aandele wil verkoop, het beleggers laat skrik.

Shoprite se aandeelprys het Dinsdag in ’n stadium met 1,5% gedaal.

Sedert verlede Donderdag se sluitingsprys voor die aankondiging het die aandeelprys met amper 4% gedaal.

Herman Lloyd, portefeuljebestuurder van FNB Sekuriteite, meen die vernaamste rede vir die daling in die prys is omdat die mark geskrik het vir die grootte van die transaksie.

Hy sê dit lyk asof Basson amper al sy Shoprite-aandele wil verkoop, wat nie regtig ’n mosie van vertroue in die maatskappy is nie.

“Die mark dink dalk dat Whitey nie veel verdere groei in die besigheid sien nie. Ek is persoonlik nie te bekommerd nie, mense verkoop vir baie redes.”

Simon Raubenheimer, portefeuljebestuurder van Allan Gray, sê Basson ken die onderneming beter as enigiemand anders.

“Om R1,8 miljard se aandele te verkoop, is nie ’n goeie teken nie, hoe ’n mens ook al daarna kyk.

“Ek sal verbaas wees as dit ook nie ten minste gedeeltelik ’n uitdrukking van sy vertroue in Suid-Afrika oor die algemeen is nie.”

Raubenheimer sê dit is ’n groot bedrag, maar dit is ’n gevolg van die ontsaglike waarde wat Basson oor baie jare toegevoeg het. “As hy swak werk gedoen het, sou dit ’n klein bedrag gewees het.”

Hy meen egter nie die omvang van die transaksie is ’n kwessie nie, maar eerder die struktuur daarvan.

“Die verkoopopsie dwing die maatskappy om aandele terug te koop teen wat ’n hoë prys kan wees, en wat ’n mens kan argumenteer nie in minderheidsaandeelhouers se beste belang is nie.”

Volgens hom het Allan Gray se kliënte al ’n geruime tyd nie meer aandele in Shoprite nie omdat hulle dink die maatskappy is ten volle gewaardeer.

“As ons in Whitey se skoene was, sou ons dieselfde gedoen het.”

Reusagtige bedrag

Die bedrag aandele wat deur die Shoprite-groep van Basson teruggekoop moet word, is so reusagtig, dit sou byna 60 dae neem om dit in die mark te doen.

Casparus Treurnicht, ’n portefeuljebestuurder van Gryphon Batebestuur, het bereken dit is hoe lank dit Basson sou neem om dit in die mark te verkoop.

Netwerk24 het Dinsdagoggend berig die Shoprite-groep moet die R1,8 miljard se aandele van Basson terugkoop ingevolge ’n dienskontrak wat in 2003 met hom aangegaan is.

Die Shoprite-groep verhandel normaalweg in ’n volume van sowat R315 miljoen per dag, volgens Treurnicht.

“ ’n Aggressiewe belegger neem gewoonlik so 10% van die daaglikse volume in ’n aandeel. Dit beteken indien dit deur die mark sou gaan, sou dit 57,1 dae neem.”

“Dis taamlik buitensporig vir selfs ’n groot aktiewe fonds met ’n aandeelhouding in Shoprite van hierdie grootte.”

Treurnicht meen ontleders het geglo Basson sou een of ander tyd sy aandele verkoop “maar hulle was net nie daarvan bewus dat dit só sou geskied nie”.

Implikasies

Hy sê die ooreenkoms van 2003 is aangegaan in ’n tyd toe die aandele teen R9,40 verhandel het.

“Daar is natuurlik nie ’n ogie gehou op hierdie ooreenkoms en wat die implikasie sou wees indien die aandeel met gemiddeld 25,8% per jaar sou groei oor 14 jaar nie.”

“Aandeelhouers gaan wel ’n sê hê, aangesien dit in hierdie stadium lyk of daar ’n stemming moet plaasvind.”

“Na my mening is dit onnodig groot en dit lyk of aandeelhouers dit as buitensporige gedrag van Basson bestempel.”

“ ’n Meer geleidelike uitfasering van sy aandeelhouding sou meer gepas wees en die hulp van boekhouers kan selfs ingespan word.” Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-10-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 0 vs 1 Liverpool LaLiga: Espanyol 2 vs 1 Mallorca | Leganés 0 vs 0 Valencia SerieA: Hellas Verona 2 vs 1 Venezia | Napoli 3 vs 1 Como European Championships Qualifying: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford English Championship: Norwich City 4 vs 0 Hull City | Burnley 0 vs 0 Preston North End | Portsmouth 1 vs 1 Oxford United | Sunderland 2 vs 2 Leeds United | Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.48 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.61 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1656.86 | USD to ZAR 17.48 | USD to ZMW 26.4 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.17 Down -0.05% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14167.03 Up +0.09% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9661.12 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 653.84/OZ DOWN -0.0008 | Copper US$ 4.54/lb UP +0.38% | Zinc US$ 3 189.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 78.66/BBP UP +0.23% | Platinum US$ 988.89/OZ DOWN -0.0035 #N/A