Mark vir diamante bult spiere
’n Uiters skaars blou diamantring van 3,47 karaat is verlede week vir US$6,7 miljoen deur Sotheby’s op sy Lente-juwelierswareveilings in New York verkoop.
Dit kom neer op ’n prys van US$1 920 259 per karaat, ’n nuwe rekordprys per karaat vir enige blou diamant wat tot nog toe op ’n veiling verkoop is. Drie bieërs het ernstig om die ring meegeding.
Dié drie veilings het altesaam US$34 miljoen gegenereer en 83,3% van al die lotte is verkoop.
Gary Schuler, voorsitter van Sotheby’s se juweliersware-afdeling, sê die resultate bevestig dat die mark vir topgehalte-diamante en -edelstene steeds sy spiere bult.
Die veilings het ’n breë groep internasionale bieërs gelok. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie