Markte: '2017 kan net beter wees'
Markte: '2017 kan net beter wees'

Markte: '2017 kan net beter wees'

Estelle de Bruyn
Terwyl PSG Batebestuur ’n week of wat gelede gesê het hy hou van 'n stewige persentasie kontant in sy portefeuljes om te kan gebruik as geleenthede opduik, sê Old Mutual MacroSolutions op sy beurt hy wil nie vanjaar met te veel kontant sit nie.

Peter Brooke, hoof van Old Mutual MacroSolutions, het op ’n aanbieding van Old Mutual se beleggingsvooruitsigte vir 2017 gesê hoewel 2016 regtig ’n swak jaar vir die markte was, kan dit vanjaar net beter gaan.

Brooke voel positief oor genoteerde eiendom en internasionale aandele, maar hou ’n neutrale vooruitsig op Suid-Afrikaanse aandele en plaaslike effekte.

Die groot risiko’s vir die jaar is internasionaal die moontlikheid dat Frankryk kan besluit om ook soos Brittanje uit die Europese Unie te tree, en enige negatiewe gevolge wat spruit uit die Trump-presidensie in Amerika.

Suid-Afrika se politieke risiko is moeilik om in syfers uit te druk, maar dit wek vrees en beleggers sit op die kantlyn.

Brooke sê hulle het verlede jaar elke keer tot die mark toegetree en aandele gekoop op die dae van groot negatiewe gebeure soos Brexit.

Hulle het kontant teruggehou om sulke geleenthede te benut, “maar ’n mens kan ook nie vir altyd op die kantlyn sit nie”.

’n Jaar gelede het MacroSolutions 23% van sy gebalanseerde fonds in kontant gehad, maar dit is tans net 7%, sê Brooke.

Hy verwag rentekoerse kan vanjaar daal, en ’n daling van minstens ’n halwe persentasiepunt word verwag.

’n Reële opbrengs van 5% word vir Suid-Afrikaanse aandele verwag, 5,5% vir genoteerde eiendom, 3% vir effekte, 1,5% vir kontant en 5% vir internasionale aandele.

Brookes sê die Old Mutual Buigsame Fonds se tien topaandele is Naspers, Old Mutual, Sasol, Anglo American, Glencore, Rhodes Food Group, FirstRand, Capitec, BAT plc en MTN.

Brookes sê hulle het gedurende die jaar aan die portefeulje verander en dit lyk beslis nie soos dit 18 maande gelede gelyk het nie. Volgens hom kan die fonds belê in ’n klein maatskappy soos Rhodes Food Group – iets wat van hul groter mededingers nie kan doen nie.

Hoewel die sterker rand deur die loop van 2016 die verdienste van maatskappye soos BAT geraak het, het die fonds onlangs nog aandele in BAT gekoop. Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!