Markte knorrig nu00e1 Trump PG afdank
Markte knorrig nu00e1 Trump PG afdank

Markte knorrig ná Trump PG afdank

Jo-Mare Duddy Booysen
Termynmarkaandele op die S&P 500 het gister gedaal terwyl die goudprys gestyg het.

Dit nadat pres. Donald Trump Amerika se waarnemende prokureur-generaal afgedank het.

Dit het kommer oor die onvoorspelbaarheid van die nuwe Trump-administrasie verskerp.

Sally Yates het laat Maandag aangedui dat die departement van justisie nie Trump se 120-dae verbod om vlugtelinge na Amerika toe te laat, 'n onbepaalde verbod op vlugtelinge van Sirië en 'n 90-dae verbod op burgers van Iran, Irak, Libië, Somalië, Soedan, Sirië en Jemen, ondersteun nie.

Haar afdanking het beleggers nóg meer onseker gemaak.

Die nuus verhoog die kanse dat buitelandse beleggers nie meer so baie van Amerikaanse bates gaan hou nie veral nie na Trump getoon het dat hy 'n meer proteksionistiese beleid met handel wil volg nie.

“Trump se beleid van isolering beteken toenemende risiko word met Amerikaanse bates verbind wat druk op die Amerikaanse dollar plaas," sê Imre Speizer, 'n markstrateeg by Westpac Banking in Wellington.

Yates se afdanking “dra beslis by tot hoër Amerikaanse risiko”, sê hy.

Die markbewegings is tot dusver beleggers se grootste kritiek op Trump se administrasie se voorkeure.

Dit terwyl Amerikaanse aandele hul beste vertoning ná die verkiesing gehad het gegrond op Trump se beleid wat ekonomiese groei sou aanmoedig.

Die goudprys het gisteroggend teen US$1 203,70 per fyn ons verhandel.

Die S&P 500 Indeks in Amerika het laer op 2 280,90 gesluit. Dit volg nadat hy op 25 Januarie 'n hoogtepunt van 2 298,37 bereik het. – Netwerk24/Bloomberg

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!