Markte, maar nie deurset
Markte, maar nie deurset

Markte, maar nie deurset

Ronelle Rademeyer
Namibië voer ná onderhandelinge van sowat ’n dekade eindelik beesvleis na die VSA uit. Saam met sy uitvoere na die Europese Unie (EU), Brittanje en die Chinese mark wat verlede jaar ook vir ons produsente oopgeswaai het, geniet Namibiese beesvleis nou toegang tot die grootste en voorste verbruikersmarkte in die wêreld.

Volgens die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD) is die beesvleisverbruik in Amerika vier keer hoër as die wêreldgemiddeld.

Hulle per capita-verbruik was in 2018 sowat 27 kg, toon dié organisasie se statistiek. Daar woon nagenoeg 328 miljoen mense in die VSA.

Daarteenoor het China volgens die Amerikaanse department van landbou (USDA) in 2018 ’n geraamde 8,5 miljoen ton beesvleis verbruik, wat dié land die grootste beevleisverbruiker naas Amerika maak. Die verbruik per capita was net meer as 6 kg per jaar.

Die ouer, gevestigde markte soos Noorweë en Brittanje is reeds jare lank die ruggraat van ons beesvleisuitvoere.

Dit help egter min Namibiese produsente het toegang tot hierdie reusemarkte, maar produksie daal en deurset by abattoirs is kritiek laag nie.

Landboutoestande is weens die afgelope jare se uitmergelende droogtes uiters benard. Die reënseisoen het sover net in die noordelike en noordoostelike dele vir goeie neerslae gesorg. Die westelike, sentrale en suidelike dele kort nog baie reën.

Selfs met baie reën gaan dit jare duur voor weidingstoestande sodanig herstel en kuddebou genoegsaam plaasgevind het dat produksie noemenswaardig kan verbeter.

Markte is een ding.

Verbeterde produksie is ’n bees van ’n heel ander kleur.

SO Sê ANDER

Europe after Brexit: Unity is strength

The Guardian 19 February 2020

In challenging times, the world needs the EU to be at the top of its game.

Charles Michel, European council president, has called a special summit to discuss the shape of the EU budget from 2021 to 2027.

These are strange and somewhat disorientating times for the European Union. A multipolar world in which China’s influence grows, and Donald Trump’s United States is at best an erratic ally, has created new dilemmas and dangers. Closer to home, Brexit, whatever eventual form it takes, is already transforming the political landscape. For the 27 remaining EU member states, life without Britain truly begins this week. And the first problem to be solved is money.

The loss of the UK’s annual contributions has left Brussels with a financial shortfall of around £62bn. In stark terms, that means that each country will have to pay more into the pot in future. The questions of how much more, and on what, have already become the source of divisions which could deepen existing antagonisms between east and west and north and south.

For the EU, life without Britain begins in earnest tomorrow (today). And the stakes could not be higher.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!