Markte: Steinhoff hou net aan styg
Op die valutamarkte het die rand Vrydag vroegoggend sy man gestaan en nog op dieselfde sterker vlakke as die vorige sluiting verhandel.
Francois Williams - Spekulante baljaar met die aandele van Steinhoff International, wat Donderdagaand weer met meer as 20% sterker gesluit het.
Steinhoff het met 62c of 27% tot R2,88 geklim nadat die beleërde internasionale meubelhandelaar vroeër die week 'n plan aan krediteure voorgelê het wat hom 'n driejaar-blaaskans kan gee op rentebetalings. Krediteure moet egter vandag sê of hulle byt aan dié plan.
Hoewel die aandelebeurse in Asië Vrydagoggend gelyk het of hulle begin stabiliseer en die daling van die afgelope vier weke 'n draaipunt sien, lyk dit nog nie of die positiewer sentiment na die JSE oorspoel nie.
Veral nie te midde van senuagtigheid oor hoe die voortslepende handelsoorlog tussen Amerika en China die verdienstevooruitsigte van plaaslike maatskappye kan raak nie, en die nuus dat die kortverkopers Viceroy weer aan 'n verslag werk oor 'n maatskappy wat hulle vir kortverkope teiken.
Die JSE se indeks van alle aandele het Donderdagaand 0,67% laer op 56 849 gesluit.
Op die valutamarkte het die rand Vrydag vroegoggend sy man gestaan en nog op dieselfde sterker vlakke as die vorige sluiting verhandel op rondom R13,30 teen die dollar. Dit kom ná Woensdag se skerp val tot R13,54 en die vorige week se verswakking tot R13,85. Die rand is nou weer op dieselfde vlak as presies 'n maand gelede.
Teen die euro het die rand ook verstewig en is op R15,45 teenoor die vorige aand se R15,52. Vroeër die maand was die rand nog op R16,10 teen die euro. Die plaaslike geldeenheid is nou op sy sterkste vlak teen die euro sedert begin Junie, maar nog ver van die R14,21 wat in Februarie behaal is.
Brent ruoliepryse was effe laer Vrydagoggend op US$74,17 per vat.
Aandeelpryse in Japan, Hongkong en Suid-Korea was Vrydag almal hoër, hoewel die beurs in Shanghai effe laer was. Die kalmte wat tot die beurse in Asië terugkeer is volgens handelaars danksy Chinese amptenare se groter selfbeheersing in hul reaksie op Amerikaanse tariefverhogings.
Dit blyk China reageer minder skerp op die dreigende tariefverhogings want hulle sien die impak daarvan op die ekonomie, aandelepryse en die Chinese geldeenheid. Chinese uitvoersyfers vir Junie is egter ook bekend gemaak, en was beter as die verwagtinge, terwyl invoer met meer as verwag afgeneem het. China maak vandag sy ekonomiese groeisyfers vir die tweede kwartaal bekend. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie