Marktoestande vir speenkalwers lyk positief
Julie tot September is veilingstyd
Die marktoestande lyk gunstig vir nóg ’n suksesvolle speenkalf-veilingseisoen.
Kalfpryse is op die hoogste vlakke in die geskiedenis en produsente trek voordeel hieruit ná moeilike droogtejare.
Só het mnr. Titus Koen, hoofbestuur van veilings by Agra, verlede week tydens die bekendstelling van dié veilinghuis se speenkalfkompetisie vir die 2018-veilingseisoen gesê.
Hy sê verlede jaar was ’n groot verbetering op die omstandighede wat in 2016 die mark onderdruk het toe streng regulasies vir invoere wat deur Suid-Afrika geïmplementeer is. Beeste wat tydens die twee maande tydperk bemark is, het verdriedubbel teenoor die vorige jaar en die gemiddelde prys per kop het van N$ 3,900 tot N$6,800 gestyg.
Koen sê die kompetisie skep nie net ‘n bemarkingskanaal nie, maar gee ook erkenning aan dié produsente wat kwaliteit diere teel en goeie boerderypraktyke toepas.
“Daar word gekyk na kwaliteitskenmerke soos speengewig en bouvorm, asook die produsent se boerderypraktyke waaronder brandmerke en onthoring,” sê hy.
Hy sê Agra word ondersteun deur Feedmaster, wat die beoordeling behartig. By die veilingspunte word wenners gekies in die kategorieë veldkalwers, voerkraalkalwers en teelverse.
Later vanjaar word ‘n gala-aand aangebied waar die streekswenners asook die nasionale speenkalfwenner deur Agra aangewys sal word.
Koen sê die voortgesette sukses van die Agra speenkalfkompetisie word moontlik gemaak deur die borge wat Agra en die produsent nie net in die goeie tye nie, maar ook in die moeilike tye ondersteun.
Vanjaar vind 18 veilings plaas wat afskop op Gobabis en Kamanjab en tot sover suid as Karasburg aangebied word.
Die kompetisie is oop vir alle produsente en beesrasse. Daar is egter ‘n vereiste dat ‘n kompetisiepakkie uit minstens 12 kalwers bestaan om die beoordeling volgens die kriteria moontlik te maak.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie