• Tuisblad
  • Sake
  • Markus Jooste ‘besluit nog’ of hy parlement toe kom
Markus Jooste u2018besluit nogu2019 of hy parlement toe kom
Markus Jooste u2018besluit nogu2019 of hy parlement toe kom

Markus Jooste ‘besluit nog’ of hy parlement toe kom

Nellie Brand-Jonker – Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, het die dagvaarding ontvang om Woensdag in die parlement te kom getuig, maar dis nog nie seker of hy gaan opdaag nie.

Callie Albertyn, sy regsverteenwoordiger van De Klerk & Van Gend, het Dinsdagoggend gesê hy kan bevestig Jooste het die dagvaarding ontvang. Dit is aan Albertyn oorhandig.

Op die vraag of Jooste wel parlement toe gaan, sê Albertyn: “Ek kan nie in dié stadium sê nie, ons sal later vandag weet.”

Ben la Grange, voormalige finansiële hoof van Steinhoff, het per WhatsApp bevestig hy gaan wel in die parlement wees.

“Ek dink die dagvaarding was onnodig, want ek het van die begin af ingestem om my volle samewerking te gee, en hou daarby,” het hy gesê.

“Ek sou nog altyd die 22ste (Augustus) verskyn het voor die komitee, soos ooreengekom. Die datumverandering is nie met ons bespreek nie, en ons het bloot gevra vir ’n datum wat ons ook pas. In elk geval, die dagvaarding is toe uitgereik en ons gaan die sitting bywoon, soos nog altyd my intensie was.”

Die sitting in die parlement oor Steinhoff sou op 22 Augustus plaasgevind het, maar dit is op versoek van die maatskappy uitgestel omdat hulle aangevoer het van sy direkteure in Nederland moes by ’n hofsaak daar wees.

Dit sal die derde gesamentlike sitting van vier parlementêre komitees wees wat oor Steinhoff gehou word sedert die ineenstorting van die maatskappy se aandeelprys in Desember.

Die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys het gevolg nadat die maatskappy aangekondig het Jooste het met onmiddellike ingang bedank en die firma se geouditeerde jaarstate kan nie uitgereik word nie omdat ongerymdhede met sy boeke geïdentifiseer is wat eers verder ondersoek moet word.

Die parlement se komitees het verlede week die besluit om die dagvaardings te laat uitreik as volg verduidelik:

· Die erns van die Steinhoff-krisis met miljarde rande wat verloor is en die groot nagevolge vir ’n wye verskeidenheid mense en instellings, in Suid-Afrika en oorsee

· Die Steinhoff-krisis word deur baie kundiges as die grootste sake-skandaal in die land se geskiedenis beskryf.

· Groot verlies is deur die pensioene van staatswerkers en ander werkers en ander dele van die bevolking gelei.

“Terwyl die belang van reguleerders en ondersoekers erken word om die Steinhoff-saak na te jaag, moet die parlement doeltreffende toesig uitoefen en die maatskappy toerekenbaar hou.”

Die gesamentlike sitting word deur die portefeuljekomitee oor handel en nywerheid en die staande komitees oor finansies; openbare rekeninge; en staatsdiensadministrasie gehou. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A