Markus Jooste kry laaste R5 miljoen van Steinhoff
Bloomberg – Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, het nagenoeg R5 miljoen verdien vir die twee maande wat hy in die maatskappy se 2017-’18-boekjaar gewerk het.
Dit was vir Oktober en November 2017, kort voordat hy in Desember skielik bedank het toe ’n boekhou-bom by die meubelhandelaar gebars het.
Die betaling word onthul in Pepkor se geïntegreerde jaarverslag, wat Donderdag gepubliseer is. Pepkor was tot middel verlede jaar bekend as Steinhoff Africa Retail, wat in 2017 van Steinhoff ontknoop is en die groep se Suid-Afrikaanse belange hou.
Danie van der Merwe, wat by Jooste oorgeneem het op ’n waarnemende grondslag, het in die 2017-’18-boekjaar R24,3 miljoen verdien. Daarvan was R8,3 miljoen ’n retensiebonus en ander bonusse.
Steinhoff se aandeelprys het in duie gestort sedert die onreëlmatighede aan die lig gekom het. Die groep onderhandel steeds met krediteure vir die herstrukturering van sy skuld ten einde staande te bly.
PwC se forensiese ondersoek na die geknoei met die boeke duur nou al 14 maande, en uitsluitsel word nie voor die einde van vanjaar verwag nie.
Steinhoff se resultate vir 2017 en 2018, sowel as aangepaste syfers vir vorige boekjare, is nog nie uitgereik nie.
Jooste het in September verlede jaar in die parlement getuig hy weet nie van die onreëlmatighede nie.
Hy het toe gesê hy het bedank omdat die direksie nie nuwe ouditeurs wou kry om die boeke af te teken nie.
Hy is vir die boekjaar tot September 2017 R122 miljoen in salarisse en bonusse betaal.
Steinhoff het verlede jaar die plan om bonusse aan direkteure uit te betaal, opgeskort weens besware van krediteure. – Bloomberg/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie