Markus Jooste mu00f3u00e9t sy verweer indien
Markus Jooste mu00f3u00e9t sy verweer indien

Markus Jooste móét sy verweer indien

Nellie Brand-Jonker - Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, sal waarskynlik nou voor einde Oktober sover bekend vir die eerste keer sy verweer op die beweringe teen hom op skrif moet stel.

Dit volg nadat regter Matthew Francis, waarnemende regter in die hooggeregshof van Kaapstad, Maandag sy aansoek afgewys het om eksepsie aan te teken teen 'n eis teen hom. Jooste het aangevoer die eis se besonderhede is vaag en verwarrend.

Die aansoek is gebring in die eis van R740 miljoen wat die trustees van die Le Toit Trust, ingesluit Jaap du Toit, stigterslid en jare lange voormalige direkteur van die PSG-groep, teen hom gebring het.

Riaan Meintjes van Hayes Ing., wat die eisers verteenwoordig, sê die hof het bevind die eis is voldoende en bevat genoeg inligting.

Volgens hom kan Jooste nie teen dié besluit appelleer nie en is die volgende stap dat hy moet pleit.

Dit is sover bekend die eerste keer wat Jooste sy saak in 'n verweerskrif sal moet stel.

Jooste moet binne 20 werkdae sy verweerstukke indien.

Meintjes sê dis een van die min eise wat regstreeks teen Jooste gebring is om hom te dagvaar.

Die trust het aanvanklik 'n eis teen Steinhoff en Jooste as tweede verweerder asook die voormalige ­finansiële direkteur, Ben la Grange, gebring.

Steinhoff en La Grange het reeds einde Oktober verlede jaar hul pleitstukke ingedien.

Die eisers het in Maart dié saak teen Jooste teruggetrek en 'n vars eis teen hom as alleenverweerder gebring.

La Grange het begin Mei weer vir Jooste as 'n derde party tot die eerste eis gevoeg.

Jooste het later onderskeidelik in Mei en in Junie ingevolge die hofreëls aansoeke gebring om eksepsie teen die besonderhede van albei eise aan te teken.

Meintjes het gesê die uitspraak beteken die eis hoef nie in enige van die twee aksies gewysig te word nie.

In die eerste eis voer die eisers aan hulle het skade gely weens die beweerde wanvoorstellings wat deur Jooste en La Grange gedoen is. Die eerste eis is gegrond op bedrieglike wanvoorstelling en op die beweerde­ oortreding van verskeie bepalinge van die Maatskappywet van 2008.

In die tweede aksie teen Jooste geld dieselfde omstandighede wat tot die skade gely het en word ook aan­gevoer dat hy sy fidusiêre pligte as direkteur versuim het.

In albei sake voer die eisers aan as dit nie vir die onregmatige gedrag van die verweerders was nie, sou hulle nie hul aandele in die PSG-groep vir aandele in Steinhoff geruil het nie. Dié aandele is nou bykans waardeloos.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.25 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.87 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.25 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 654.83/OZ DOWN -0.0013 | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0091 | Zinc US$ 3 005.00/T DOWN -0.38% | Brent Crude Oil US$ 73.89/BBP DOWN -0.0177 | Platinum US$ 989.62/OZ UP +0.13% #N/A