Markus Jooste woel glo steeds agter die skerms
Hanlie Stadler - Dit wil voorkom asof Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff International, steeds agter die skerms bedrywig is in die Steinhoff-sage, wat verlede week ’n paar nuwe kinkels gekry het.
Luidens ’n beëdigde verklaring oor ’n beweerde komplot om Tekkie Town en sy moedermaatskappy Steinhoff Africa Retail (Star) te saboteer, het Braam van Huyssteen, Tekkie Town se stigter, ’n “ooreenkoms” met Jooste aangegaan “om eiendom ter waarde van R15 miljoen te bekom”.
Dis nie duidelik waarvoor die eiendom gebruik sou word nie, maar dit wil voorkom asof daar ’n plan was om ’n “tweede Tekkie Town” op die been te bring met behulp van tot 150 mense wat by Star bedank het.
Gesprekke hieroor, wat nog in die hof betwis kan word, het so onlangs soos 24 Junie plaasgevind, luidens ’n beëdigde verklaring van Werner de Bruin, ’n sake-intelligensie-ontwikkelaar by Star.
De Bruin beweer Van Huyssteen het hul inkomste gewaarborg indien hulle bedank, persoonlik of deur “trustbates”.
Jooste word nie verder in die verklaring genoem nie, maar indien die verklaring waar is, beteken dit hy het steeds kontak met Van Huyssteen. Die twee het deur hul gedeelde liefde vir perde en perdewedrenne ontmoet.
Jooste hou hom skaars sedert Desember en pogings om hom by sy wonings in Stellenbosch of Hermanus op te spoor, was tot dusver vrugteloos. Hy antwoord ook nie sy foon of e-pos nie.
Van Huyssteen het einde Mei op Bruce Whitfield se program The Money Show op Cape Talk gesê hy beskou Jooste nie as ’n “skurk” nie.
Jooste het as uitvoerende hoof van Steinhoff bedank nadat die ouditeurs Deloitte in Desember geweier het om Steinhoff se jaarsyfers af te teken. ’n Forensiese ondersoek word sedertdien deur PwC gedoen om agter die kap van die byl te kom.
Van Huyssteen het aan Whitfield gesê hy twyfel of net een mens vir die debakel verantwoordelik is. Hy het ook gesê hy is bereid om Jooste te vergewe, hoewel hy nog nie weet presies wat by Steinhoff gebeur het nie.
“Ek is al voorheen hierdeur – ek was bure met Hansie Cronjé. En ek was die enigste een wat saam hom gholf wou speel nadat hy sy probleme gehad het. Soos ek sê, Markus kan dalk sy dag in die hof kry, en die regter kan besluit. Ek is nie ’n regter nie. Ek is nie God nie. Dit is nie my plek om te oordeel nie.”
Van Huyssteen en ander stigtersbestuurslede van Tekkie Town is besig met talle hofsake teen Steinhoff.
Dit sluit in ’n eis van R1,7 miljard om die verkoop van Tekkie Town aan Steinhoff om te keer.
Steinhoff het Tekkie Town in 2016 vir R3 miljard gekoop. Van Huyssteen en van die bestuurslede van Tekkie Town het Steinhoff-aandele ontvang wat nou amper niks werd is nie. Luidens die ooreenkoms mag hulle die aandele vir drie jaar nie verkoop het nie.
Van Huyssteen het as lid van Star se uitvoerende komitee bedank te midde van ’n twis oor ’n prestasiebonus wat hy glo aan hom verskuldig is. Dit is op grond van ’n handgeskrewe nota van Jooste. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie