Marmerrenoster klaar
Marmerrenoster klaar

Marmerrenoster klaar

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg



Die Franse kunstenaar Gé Pellini se beeldhouwerk van 'n renoster is voltooi.

Pellini, sy Franse vriend en borg van die renosterhoring uit aluminium, mnr. David Deflin, en die Namibiese kunstenaar Ngavee Kambezunda het Vrydagoggend by die Franko-Namibiese Kultuursentrum (FNCC) dié horing, van drie meter lank, op die marmerbeeld gemonteer.

Pellini het op 24 Julie begin om 'n renosterbeeld uit 'n marmerblok van nege ton van Karibib ten bate van renosterbewaring te skep.

Donderdag sal die renoster by 'n spoggerige galadinee by Windhoek se buitekluboord saam met ander groot pryse opgeveil word en die opbrengs sal vir teenstropery aangewend word.

Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging (Napha) se galadinee is ten bate van hul Hunters United Against Poaching-trust.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer