Marmerrenoster steeds sonder tuiste

Byna een miljoen dollar is verlede week ingesamel om stropery te beveg en bewaring te bevorder.
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee



'n Bedrag van N$866 000 is tydens die tweede jaarlikse galadinee en veiling van Hunters United Against Poaching (HUAP) ingesamel.

Die geleentheid het Donderdagaand in Windhoek plaasgevind.

Hoewel die Franse beeldhouer Gé Pellini se renostermarmerbeeld nie 'n koper gevind het nie, was die dinee steeds uiters suksesvol.

Professionele jagters, sakelui en ander gaste het die glansbyeenkoms by die Windhoek Buitekluboord bygewoon en mekaar aangemoedig om die hoogste pryse moontlik vir die stryd teen stropery by te dra.

“Wat 'n paar jaar gelede as 'n gedagte om 'n vuur begin het, maak nou 'n groot impak om die land se vermoë te verbeter om stropery te beveg en bewaring te bevorder," het die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, gesê. “Danksy jul bydrae is Namibië beter in staat om ons belangrike wild te bewaar en 'n volhoubare jagbedryf te ontwikkel, waarvan baie van ons burgers afhankl­ik is.”

Meer as 62 items, van duur wyne tot juwele, gewere en eksotiese trofeejagte­ in Spanje, Argentinië en Florida, is deur mnr. Alex McDonald van NamAgri opgeveil. Kopers van oor die wêreld heen het deur middel van die internet by die veiling aangesluit.

Die president van die Namibiese Professionle Jagtersvereniging (Napha), me. Danene van der Westhuyzen, het die doelwitte met die geleentheid beklemtoon en lede van die organisasie, vennote en borge bedank vir hul toewyding om Namibië se diererykdom te bewaar. “Vanaand gaan jagters die wêreld 'n beter plek maak. Die prag en rykdom van ons diere en natuur is ons s'n om te bewaar, omdat dit soveel potensiaal het om die lewens van alle Namibiërs te verbeter, as ons dit tot die beste van ons vermoë bewaar, beheer en gebruik,” het sy gesê.

Die veiling het op 'n hartseer noot afgeskop met die eerste item, 'n versameling foto's van wyle Nel van Greunen, wat vir N$13 000 in 'n emosionele stryd tussen 'n paar bieërs verkoop is.

Mnr. Jesko Woermann het 'n witgoud-­diamantring vir N$75 000 opgeraap.

Die opveiling van Pellini se nege ton marmerbeeld van 'n renoster het met 'n reserweprys van N$768 000 geopen. Die marmer is deur Namibia Stones Services geborg. Ongelukkig was daar geen bieërs vir die beeld nie.

Daar kan nog tot 28 November op die marmerbeeld en ander items gebie word. Besoek www.auction.huaptrust.com om jou aanbieding te maak.

Lize Elhers en haar orkes het gaste vermaak.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!